ⓘ Geografie

Aardrykskunde

Aardrykskunde of geografie is die wetenskaplike studie van die liggings- en ruimtelike variasies in beide die fisiese en menslike verskynsels op Aarde. Antieke boeke verwys alreeds na hierdie vak, onder andere die boek Geographia deur Klaudios Ptolemaios. Aardrykskunde as n vak bestaan uit meer as kartografie, die studie van kaarte. Dit behels ook die ondersoek na wat en waar dinge op aarde is en ook hoekom dit daar voorkom en nie elders nie. Daar word ook gepoog om vas te stel of die verskynsels mensgemaak of natuurlik is. Die gevolge van die verskille word dan ook bestudeer.

Geografie van Namibië

Gebied: Namibie is n land in Suider-Afrika, aangrensend tot die Atlantiese Oseaan, en tussen Angola en Suid-Afrika gelee. Geografiese koördinate: 22°00′S 17°00′O Kaartverwysing: Afrika Oppervlakte: Totaal: 825 418 vk km Land: 825 418 vk km Water: 0 vk km Oppervlak vergelykend: Effens groter as Alaska Grense: Totaal: 3 824 km Aangrensend tot: Angola 1 376 km, Botswana 1 360 km, Suid-Afrika 855 km, Zambie 233 km. Kuslyn: 1 572 km Mariene aanspraak: Aangrensende sone: 24 seemyl Eksklusiewe ekonomiese sone: 200 seemyl Territoriale see: 12 seemyl Klimaat: woestynagtig, warm en droog; lae sporad ...

Alexander von Humboldt

Friedrich Wilhelm Heinrich Alexander von Humboldt was n Duitse natuurvorser met n studieveld wat ver buite die grense van Europa gestrek het. Sy wetenskaplike werk, wat in n tydsbestek van meer as sewe dekades ontstaan het, het die destydse kennis oor die wêreld aansienlik vergroot en van hom een van die medestigters van die geografie as n empiriese wetenskap gemaak. Alexander von Humboldt het navorsingsreise na Latyns-Amerika, die Verenigde State en Sentraal-Asie onderneem. Hy het self veldnavorsing oor onder meer fisika, chemie, geologie, mineralogie, vulkanologie oorkoming van neptunism ...

Wes-Europa

Wes-Europa is n geografiese gebied in die weste van Europa. Tydens die Koue Oorlog was Wes-Europa hoofsaaklik n sosio-politieke konsep wat gebruik is om die Europese lande in die Eerste Wêreld saam te groepeer. Dit is van Oos-Europa onderskei met betrekking tot die verskille in ekonomie, politiek en godsdiens eerder as deur geografiese afbakening. Vandag het die term Wes-Europa minder met geografie en meer met die ekonomie te make. Die konsep word oor die algemeen met liberale demokrasiee, kapitalisme, asook met die Europese Unie geassosieer. Meeste van die lande in hierdie streek deel die ...

Hamilton (dubbelsinnig)

Die term Hamilton kan na een die volgende verwys: Geografie: Hamilton, Skotland, ’n stad in Skotland. Hamilton, Bermuda, die hoofstad van Bermuda. Hamilton, Ontario, ’n stad in Ontario, Kanada. Hamilton, Nieu-Seeland, ’n stad in Nieu-Seeland. Persone: James Stevenson-Hamilton, Iers-gebore Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en soldaat. Lewis Hamilton, Britse driemalige Formule Een wêreldrenkampioen. Alexander Hamilton, ’n Amerikaanse staatsman. Sien ook: Hamilton Rugbyklub, die oudste rugbyklub in Suid-Afrika.

Deklinasie

In sterrekunde is deklinasie een van die twee rigtingkoördinate van n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is regte klimming. Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie soos geprojekteer op die hemelbol. Punte noord van die hemelewenaar het n positiewe deklinasie, terwyl dié suid van die hemelewenaar n negatiewe deklinasie het. Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal grade °, minute of boogminute en sekondes of boogsekondes ", met 90° gelyk aan n kwartsirkel. Deklinasies ...

                                     

ⓘ Geografie

  • Aardrykskunde of geografie Grieks: γεωγραφία geografia is die wetenskaplike studie van die liggings - en ruimtelike variasies in beide die fisiese en
  • Geografie - Geologie Suid - Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe Afrika  Suider - Afrika  Amerika  Antarktika  Asië 
  • geïmplementeer nie geen van bogenoemde ooreenkomste Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geografie van Namibië. en Wikimedia Atlas van Namibia
  • deur geografiese afbakening. Vandag het die term Wes - Europa minder met geografie en meer met die ekonomie te make. Die konsep word oor die algemeen met
  • wêreld aansienlik vergroot en van hom een van die medestigters van die geografie as n empiriese wetenskap gemaak. Alexander von Humboldt het navorsingsreise
  • studierigting, waarby ook die paleogeografie die rekonstruksie van die vroeë geografie van die aarde betrokke is, handel veral oor die relatiewe ouderdom, die
  • Die term Hamilton kan na een die volgende verwys: Geografie Hamilton, Bermuda, die hoofstad van Bermuda. Hamilton, Nieu - Seeland, n stad in Nieu - Seeland
  • wees dat daar nooit n eenvormige vertolking van die Doeat was nie. Die geografie in die Doeat was grotendeels dieselfde as dié van die wêreld wat die Egiptenare
  • grootste stad is Thiruvananthapuram voorheen Trivandrum Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes - Ghats. en Pehal News Team 12 November 2020
                                     

Tuisblad/Vakgebiede/Geografie

Geografie - Geologie Suid-Afrika Namibie Botswana Eswatini Lesotho Mosambiek Zimbabwe Afrika Suider-Afrika Amerika Antarktika Asie Europa Oseanie Rusland Turkye Verenigde State van Amerika Lande Baaie Berge Eilande Mere Oseane Riviere Woestyne

                                     

Stratigrafie

Stratigrafie is die studie van die veranderende voorkoms van die aarde. Hierdie studierigting, waarby ook die paleogeografie betrokke is, handel veral oor die relatiewe ouderdom, die opeenvolging en die oorsprong van sedimentêre gesteentes. Die verspreiding van gesteentelae en -formasies, die volgorde waarin hulle neergelê is en die vervorming waaraan dié formasies blootgestel is, word bestudeer.

                                     

Kerala

Kerala is n deelstaat in die suidooste van Indie. Die hoofstad en grootste stad is Thiruvananthapuram. Die deelstaat se geografie word gekenmerk deur die Wes-Ghats.

                                     

Natuurgeskiedenis (Plinius)

Die Natuurgeskiedenis is n vroee ensiklopedie van Plinius die ouere. Dit is een van die langste boekwerke wat uit die tyd van die Romeinse Ryk bewaar is. Die werk probeer al die kennis wat op die gebiede van sterrekunde, wiskunde, geografie, ethografie, antropologie, fisiologie, dierkunde, plantkunde, landboukunde, farmasie, mynboukunde, mineralogie, edelstene, beeldhou- en skilderkuns bestaan, saam te vat.

                                     

Grens

n Grens is n lyn wat die omtrek van n gebied bepaal of een gebied van een daarnaas skei. Dit kan ook gebruik word om n skeidslyn of skeiding aan te toon of perke aan te dui. Grens as werkwoord beteken om te huil, te tjank of klaend te neul. Grens kan ook na een van die volgende verwys: Grens kiesafdeling, kiesafdeling van die Suid-Afrikaanse Volksraad. Grens Bulldogs, provinsiale rugbyspan wat in Oos-Londen gebaseer is. Grens streek, historiese naam vir n deel van die Oos-Kaap.

                                     

Landmerk

Die term landmerk word tans gebruik om na maklik herkenbare monumente, geboue of ander strukture te verwys. Landmerke is normaalweg n toeriste-attraksie, siende dat hulle gewoonlik noemenswaardige fisiese kenmerke het of van geskiedkundige belang is. Sommige landmerke is natuurlik, soos watervalle of berge, terwyl ander mensgemaak is. Die term "landmerk" kan ook gebruik word om te verwys na n baken wat gebruik word tydens navigasie. Bekende landmerke in die wêreld sluit die volgende in:

                                     

Outonome gebied

n Outonome gebied is n gebied wat tot n bepaalde land behoort, maar sy eie wette en gewoonlik ook sy eie regering het, wat nogtans beperkte bevoegdhede besit. Buitelandse betrekkinge en nasionale verdediging is gewoonlik aan die sentrale regering van die land voorbehou. Watter ander bevoegdhede die outonomie gebied het kan wissel van gebied tot gebied. Dit kan byvoorbeeld wees dat dit n ander amptelike taal het, soos in die geval van die Faroereilande.

                                     

Struktuurgeologie

Struktuurgeologie is die studie van die vervorming van gesteentes en gesteenteformasies deur kragte in die aardkors wat plooiing en verskuiwings meebring. Groot bergreekse soos die Himalaja en die Kaapse Plooigordel in Suid-Afrika het deur plooiing en verskuiwing ontstaan.