ⓘ Kultuur

Kultuur

Kultuur in die algemeen verwys na die patroon van menslike aktiwiteit en die simboliese strukture wat hierdie aktiwiteite n sekere betekenis gee. Daar bestaan uiteenlopende definisies van "kultuur", wat dui op verskillende teoretiese benaderinge tot die vorming of evaluasie van menslike aktiwiteite en die produkte daarvan. Die definisie van kultuur in die HAT is" Die ganse geestelike besitting van n volk of groep op elke lewensterrein; die geesteslewe; die beskawingstoestand van n groep." Verskillende volkere, nasies en groepe besig verskillende kulture. Kultuur word van geslag tot geslag ...

Begraafplaas H-kultuur

Die Begraafplaas H-kultuur was ’n Bronstydperk-kultuur in Pandjab, Noordwes-Indie, van omstreeks 1900 v.C. tot omstreeks 1300 v.C. Dit word verbind met beide die laat fase van die Indusvalleibeskawing en die Indo-Ariese migrasies.

Nok-kultuur

Die Nok-kultuur was n beskawing wat tussen 400 v.C. en 200 n.C. in die sentrale deel van die huidige Nigerie bestaan het. Dit is teenswoordig veral bekend om sy terracottabeeldjies met versamelaarswaarde. Die Nok-mense het in hul gevestigde samelewing n redelik hoe ontwikkelingspeil bereik en is die vroegste bewys van n georganiseerde samelewing in Afrika suid van die Sahara. Hulle het in dorpies gewoon, landbou en veeteelt beoefen en klipwerktuie gebruik. Van ongeveer 500 v.C. af het die mense die bewerking van yster baasgeraak en wapens, plaasgereedskap en juweliersware begin maak. Uit h ...

Natufiese kultuur

Die Natufiese kultuur is ’n argeologiese terrein uit die laat Epipaleolitikum wat omstreeks 12 000 tot 9 500 v.C. of 13 050 tot 7 550 v.C. in die Levant bestaan het. Die kultuur was ongewoon in die sin dat die mense ’n sedentêre of halfsedentêre leefstyl gehandhaaf het selfs voor die ontwikkeling van landbou. Die Natufiese gemeenskappe kan die voorouers wees van die bouers van die eerste Neolitiese nedersettings in die streek, wat die oudstes ter wêreld kan wees. Die Natufiers het ’n nedersetting gestig in wat vandag Jerigo is, en dit kan die langs aaneenlopend bewoonde stadsgebied op aard ...

Claude Lévi-Strauss

Claude Lévi-Strauss was n Franse kulturele antropoloog wie beskou word as een van die grootste denkers van die twintigste eeu. Hy het grotendeels die strukturalisme in die sosiale wetenskappe vorm gegee.

Nasionale Biblioteek van die Tsjeggiese Republiek

Die Nasionale Biblioteek van die Tsjeggiese Republiek is die sentrale biblioteek van die Tsjeggiese Republiek. Dit word gerig deur die Ministerie van Kultuur. Die hoofgebou van die biblioteek is gelee in die historiese Clementinum-gebou in Praag, waar ongeveer die helfte van sy boeke gehou word. Die ander helfte van die versameling word gestoor in die distrik Hostivař. Die Nasionale Biblioteek is die grootste biblioteek in Tsjeggie; in sy versameling is daar sowat 6 miljoen dokumente. Die biblioteek het ongeveer 60 000 geregistreerde lesers. Behalwe Tsjeggiese tekste, stoor die biblioteek ...

                                     

Museum van Filistynse Kultuur

Die Museum van Filistynse Kultuur is n argeologiese museum in Ashdod, Israel. Dit is toegewy aan die kultuur van die Filistyne, wat in die omgewing van die stad gewoon het. Dit is die enigste museum ter wêreld wat aan die Filistynse kultuur gewy is. Dit is ook die eerste museum wat in 1990 in Ashdod geopen het.

                                     

Nathi Mthethwa

Emmanuel Nkosinathi "Nathi" Mthethwa is n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress. Hy is die dienende kabinetsminister van sport, kuns en kultuur.

                                     

Nasionale Biblioteek van Spanje

Die Biblioteca Nacional de España is ’n groot openbare biblioteek, die grootste in Spanje een van die grootstes in die wêreld. Dit is in Madrid aan die Paseo de Recoletos gelee. As die land se nasionale biblioteek is dit die sentrum wat verantwoordelik is vir die identifisering, bewaring en verspreiding van inligting oor Spanje se dokumentêre erfenis. Dit streef daarna om ’n noodsaaklike verwysingspunt te wees vir navorsing oor die Spaanse kultuur.

                                     

Nasionale Biblioteek van Letland

Die Nasionale Biblioteek van Letland, ook bekend as die Kasteel van Lig, is ’n nasionale kultuurinstelling onder toesig van Letland se departement van kultuur. Die biblioteek is in 1919 gestig nadat die onafhanklike Republiek Letland in 1918 afgekondig is. Die huidige gebou in Riga is in 1989 ontwerp en in 2014 geopen. Dit speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van Letland se inligtingsgemeenskap, verskaf internettoegang aan inwoners en ondersteun navorsing en opvoedkunde.