ⓘ Ekonomie van Frankryk

                                     

ⓘ Ekonomie van Frankryk

Met n nominale bruto binnelandse produk van 2 583.6 miljard VSA-$ in 2017 is Frankryk naas Duitsland die voorste nywerheidsland in Europa. Dit is ook die derde grootste ekonomie na Duitsland en die Verenigde Koninkryk in Europa en die sesde grootste ter wêreld.

Die Franse ekonomie is hoogs modern en gediversifeer, met n goed opgeleide mannekrag. Dit word sterk beïnvloed deur die Franse owerheid se ekonomiese en industriele beleid. So bevorder die Franse staat aktief die ontwikkeling van die nywerheidsektor, bevorder innovasies en navorsing en tree as aandeelhouer van talle ondernemings op État actionnaire. Opvallend is die oorheersende rol wat groot ondernermings in die ekonomie en as uitvoerders speel. Meer as 50 persent van die aandele aan ondernemings, wat in die Paryse Effektebeurs se CAC 40-indeks van die veertig grootste maatskappye verteenwoordig is, is in besit van buitelandse beleggers. Die sektor van klein en middelgroot ondernemings is - veral in vergelyking met die buurland en belangrikste handelsvennoot Duitsland - relatief swak ontwikkel en minder mededingend op die wêreldmark.

Franse ondernemings presteer veral in dienssektore soos die bank- en versekeringsbedrywe, IT-dienste, toerisme, lugvervoer, motors, energie, luukse goedere, farmaseutiese produkte, chemie, elektronika, landbou en voedselverwerking.

Frankryk se inkomsteverdeling gemeet deur die Gini-koeffisient is minder ongelyk as dié van ander ekonomiee. Ook die persentasie van mense onder die broodlyn bly met ses persent een van die laagste in die groot nywerheidslande en vergelyk baie gunstig met dié van die Verenigde Koninkryk 18 persent en die Verenigde State 15 persent.

                                     

1. Ekonomiese ontwikkeling sedert die Tweede Wêreldoorlog

Kenmerkend vir die Franse ekonomie is die vinnige groei van die nywerheidsektor vanaf die laat veertigerjare en die snelle verstedeliking van die bevolking. Die Franse staat oefen tradisioneel n groot invloed op die ekonomiese ontwikkeling uit en beheer die industriele met behulp van ekonomiese en strategiese planne. Hierdie beleid, wat in Frans dirigisme genoem word, is kenmerkend van die konserwatiewe regerings van die na-oorlogse Frankryk en behels ook die staatsbeheer oor n aantal sleutelnywerhede soos vervoer, energie en die infrastruktuur van die telekommunikasiebedryf. Daarnaas word ook privaatondernemings aangemoedig om in staatlike projekte en sleutelnywerhede te belê of met hulle saam te smelt.

Tydens die eerste na-oorlogse beplanningsperiode van die jare 1947 tot 1953 is die nywerheidsproduksie met sowat 70 persent uitgebrei, terwyl die landbousektor met 21 persent en die lewenstandaard van die bevolking met 30 persent gegroei het. Die tweede beplanningsperiode van die jare 1954–1957 het voorsiening gemaak vir die vinnige groei van veral die chemiese en elektriese nywerhede. Gedurende die derde beplanningsperiode 1958–1961 het die klem op uitvoergerigte nywerhede geval, waarby veral die motor-, vliegtuig- en elektriese nywerhede stewige groei ervaar het. Tydens hierdie periode is omvangryke aardgasreserwes naby Lacq ontdek.

Die tradisionele historiese nywerhede van Frankryk het veral op die vervaardiging van luukse verbruikersware soos reukwater, kosmetika, skoonheidspreparate, glas, porselein en tekstiele gebaseer; hulle speel nog steeds n belangrike rol in die Franse ekonomie en lewer n groot bydrae tot die uitvoere van die land.

Die meeste Franse ondernemings het hulle hoofkwartiere in Parys wat saam met sy voorstede sowat n vyfde van die Franse bevolking huisves. Die toekomstige ekonomiese beplanning bevorder die ontwikkeling van ekonomiese spilpunte in ander dele van die land soos Lyon, Marseille, Nantes, Toulouse, Straatsburg en Nancy.

Die grootste vraagstukke bly die ongelykmatige verspreiding van ekonomiese welvaart, wat veral in die metropolitaanse gebied van Parys en in die grensgebiede met die Beneluxlande en Duitsland gekonsentreer is, en die verskaffing van behuising vir die groot aantal minderbevoorregtes veral immigrante uit Afrika en Arabiese lande in stedelike gebiede. Sorgwekkend is die hoe werkloosheid van jongmense tusse die ouderdom van 16 en 25 jaar wat in Oktober 2017 op 22 persent gestaan het.

                                     
  • oorwegend plaaslik vervaardig. Frankryk is n lid van die G8 - groep van leidende nywerheidslande en is tans die vyfde grootste ekonomie ter wêreld, na die Verenigde
  • toerisme as die kardinale komponent. Aanloklik vir winkelbesoekers vanuit Frankryk en Spanje as n vryhawe, het die land ook aktiewe somer en winter toeriste
  • dien hy as President van Frankryk en Mede - Prins van Andorra. Op 23 April 2017 het hy die leidende kandidaat in die eerste rondte van die Franse presidentsverkiesings
  • regeerder van Frankryk Hy was n generaal van die Franse Rewolusie, en was effektief regeerder vanaf 1799: Eerste Konsul Premier Consul van die Franse
  • Die ekonomie van Benin is nog onderontwikkel en word veral deur die landbousektor en klein bedrywe oorheers, wat ook die grootste bydrae tot die ekonomiese
  • Eerste Wêreld saam te groepeer. Dit is van Oos - Europa onderskei met betrekking tot die verskille in ekonomie politiek en godsdiens eerder as deur geografiese
  • Die Ekonomie van Suid - Afrika is tans die derde grootste in Afrika ná dié van Nigerië en Egipte asook een van die belangrikstes in die Suidelike Halfrond
  • ekonomie van die Sorbonne universiteir in Parys 1945 en werk van 1945 tot 1962 vir die Banque de France die nasionale bank van Frankryk en is van 1973
  • familiebesoeke van Réunionais wat in die Europese deel van Frankryk werk. Die landbou is die tweede belangrikste sektor van Réunion se ekonomie Aanvanklik
  • Hunter - eilande word deur beide Frankryk en Vanuatu opgeëis. Die ekonomie van Nieu - Kaledonië steun op die ontginning van nikkelerts en toerisme, maar is