ⓘ Ekonomie van Benin

                                     

ⓘ Ekonomie van Benin

Die ekonomie van Benin is nog onderontwikkel en word veral deur die landbousektor en klein bedrywe oorheers, wat ook die grootste bydrae tot die ekonomiese groei lewer. Naas die bestaansboerdery is daar die kommersiele landbou met katoen as die belangrikste produk, wat 40 persent van Benin se BBP en sowat 80 persent van sy uitvoerinkomste verteenwoordig. Ander belangrike produkte is tekstiele, palmprodukte en kakao. Mielies, bone, rys, grondboontjies, cashewneute, pynappels, kassawa, yamswortels en ander knolgewasse word net binne die bestaansboerdery verbou. Benin se beskeie visseryvloot lewer vis en kreef aan die plaaslike mark en vir uitvoer na Europa.

Klein hoeveelhede ru-olie word sedert Oktober 1982 langs die kus ontgin, maar produksie is egter tydelik gestaak. Nuwe olievelde word tans ondersoek.

Die ekonomie, wat vroeer deur die staat beheer is, is nou geprivatiseer. Beninse burgers bestuur veral klein bedrywe, terwyl n aantal ondernemings in Franse of Libanese besit is. Benin se voormalige staatsbeheerde brouery is deur n Franse brouerymaatskappy oorgeneem.

Ligte nywerhede, wat hulle op die verwerking van landbouprodukte en die vervaardiging van verbruikersware toespits, oorheers die sekondêre sektor van Benin se ekonomie. Die dienstesektor groei vinnig danksy die ekonomiese en fiskale hervorming.

                                     

1. Beleggings en internasionale samewerking

Met die oorgang na n demokratiese regering in 1990 hervat Benin sy ekonomiese ontwikkeling. Alhoewel die ekonomie nog steeds deur die lae pryse vir sy hoofuitvoergoedere geknel word, is daar grootskaalse beleggings deur private en publieke kapitaalbronne.

Benin dek die grootste deel van sy elektrisiteitsbehoeftes deur krag vanaf Ghana in te voer. n Gemeenskaplike hidroelektriese projek met Togo aan die benedeloop van die Monorivier word as n belangrike stap in die rigting van groter elektriese selfvoorsiening beskou.

Die lidmaatskap in die monetêre sone van die CFA-Franc verseker ekonomiese stabiliteit en verleen toegang tot Franse ekonomiese bystand. Benin is ook n lidstaat van die Wes-Afrikaanse Ekonomiese Gemeenskap ECOWAS.

                                     
  • redelik suksesvol is, is die Benin - Sahel Entente 1959 tussen die destydse Bo - Volta, die Ivoorkus, Niger en Benin Die sukses van die samewerking is egter
  • in die weste, Benin in die ooste en Burkina Faso in die noorde. In die suide het dit n kort kus aan die Bog van Benin en die Golf van Guinee waar die
  • aangrensend aan Benin in die weste, Tsjad en Kameroen in die ooste, en Niger in die noorde. Sy kus is in die suide aan die Golf van Guinee in die Atlantiese
  • Mei 1975 deur die Verdrag van Lagos gestig. Die huidige president is Marcel Alain de Souza. Die ECOWAS het 15 lidlande: Benin Burkina Faso Gambië Ghana
  • ingevoer is, is veral in die noordooste van Brasilië baie hoog. Meer as drie miljoen swartes uit Angola, Nigerië, Benin Togo, Ghana, Ivoorkus en São Tomé
  • stel die bevolking van Zambië voor en oranje stel die land se koperhulpbronne voor, wat n belangrike deel van die Zambiese ekonomie is. Die adelaar bo
  • 32 suid van die Sahara lê. 27 lande het tot dusver 54 miljard dollar aan hulp ontvang: Benin Bolivia Burkina Faso Demokratiese Republiek van die Kongo
  • Wes - Sentraal - Afrika, grensende aan die Bog van Benin tussen Ekwatoriaal - Guinee en Nigerië. Die Tsjadmeer is in die noorde van die land en in die suidweste is die
  • Die nasionale vlag van Suid - Afrika is op 20 April 1994 in die Staatskoerant afgekondig en op 27 April 1994 amptelik in gebruik geneem. Die vlag is reghoekig
  • Die onderstaande lys van lande volgens Menslike - ontwikkelingsindeks is afkomstig uit die Verenigde Nasiesontwikkelingsprogram se Menslike - ontwikkelingsverslag
  • spesifieke vorme van dobbelary op hul grondgebied toelaat, maar dit vir die plaaslike inwoners streng verbode maak. Inwoners van Benin Ghana, Senegal