ⓘ Archosauromorpha

                                     

ⓘ Archosauromorpha

Archosauromorpha is ’n infraklas of klade van Diapsida-reptiele wat tydens die Laat Perm vir die eerste keer hul verskyning gemaak het en gedurende die Trias meer algemeen geraak het. Dit is deur Jacques Gauthier, Arnold G. Kluge en Timothy Rowe gedefinieer as die groep wat Archosauria bevat, asook alle Sauria wat nader aan Archosauria is as aan Lepidosauria.

Ingesluit in die klade is die groepe Rhynchosauria, Trilophosauridae, Prolacertiformes en Archosauriformes. Terwyl die reptiele bolangs van mekaar verskil eers is almal in aparte subklasse geplaas word hulle almal verbind deur ’n aantal klein skelet- en skedelooreenkomste wat daarop dui dat hulle ’n klade vorm wat van ’n gemeenskaplike voorsaat afstam.

                                     
  • skilpaaie Diapsida onder andere dinosourusse, voëls en akkedisse Archosauromorpha onder meer dinosourusse, voëls en krokodille Archosauria Crurotarsi
  • Lepidosauromorpha Archosauromorpha