ⓘ Fetisjisme

                                     

ⓘ Fetisjisme

Hierdie artikel gaan oor fetisjisme in antropologie. Vir seksuele fetisjisme, sien seksuele fetisjisme.

’n Fetisj is ’n voorwerp wat volgens sekere mense bonatuurlike magte het, of spesifiek ’n mensgemaakte voorwerp wat ’n mag oor mense het. Die term kom van die Franse woord fétiche, wat weer van die Portugese woord feitiço kom, wat weer van die Latynse facticius en facere afgelei is.

Die konsep is in 1757 voorgestel deur die Franse skrywer Charles de Brosses en is in die 18de eeu deur Franse en Duitse geleerdes gebruik om die vroegste stadiums van godsdiens te kenmerk. Voorbeelde daarvan is die voodoo van Wes-Afrika, waar geglo word fetisje soos beeldjies of gedroogde dele van diere het bonatuurlike magte, of in die ou geloof van Indiane, waar die beer die sjamaan verteenwoordig het, die bison die voorsiener, die bergleeu die vegter en die wolf die padvinder.

In die 19de eeu is die teorie van "gebruiksgoedere-fetisjisme" deur Karl Marx ontwikkel om ’n belangrike komponent van kapitalisme te beskryf. Die term "seksuele fetisj" is die eerste keer deur die Franse sielkundige Alfred Binet gebruik vir voorwerpe wat mense seksueel prikkel.

                                     
  • begrip in okkultisme, sien fetisjisme Seksuele fetisjisme Seksuele fetisjisme of erotiese fetisjisme is n vorm van fetisjisme waar n persoon seksuele
  • die uitbeelding van penetrasie of ekstreme fetisjisme óf harde pornografie, waarin penetrasie of fetisjisme of albei, voorkom. Die meeste akteurs spesialiseer
  • Natuurgodsdiens Druïdisme Sjamanisme Wicca Winti Okkultisme Astrologie Fetisjisme Hermetisme Orde van die Rosekruis Satanisme Kerk van Satan Eerste Sataniese
  • penetrasie of ekstreme fetisjisme nie. Harde pornografie bevat grafiese seksuele aktiwiteit, penetrasie en dikwels ook fetisjisme Die meeste subgenres
  • Westerse Marxiste was dus geneig om Marx se teorieë oor gebruiksgoedere - fetisjisme ideologie en vervreemding te beklemtoon en uit te brei met nuwe begrippe
  • mense klere van die teenoorgestelde geslag dra, soos selfuitdrukking, fetisjisme en spirituele redes. Dit kan dien as n manier om uitings aan n kunsgevoel
  • enigsins neerhalende aanduiding kan wees van transgender - identiteit, fetisjisme of gay gedrag. Kruiskleding het deur n groot deel van die aangetekende