ⓘ Uitgestorwe in die natuur

                                     

ⓘ Uitgestorwe in die natuur

Uitgestorwe in die natuur is n kategorie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, vir spesies wat net in aanhouding oorleef het of in n gebied aangehou word buite hul historiese habitat.

Nie alle diere en plante wat dus in dié kategorie val, is noodwendig uitgestorwe of selfs skaars nie. Ameca splendens is byvoorbeeld in die natuur uitgestorwe, maar was n ruk lank n gewilde vis onder akwariste. Die visse is nou minder in aanvraag en hul voortbestaan word tans bedreig.

Van die reuse-Galápagos-skilpad Geochelone nigra abingdoni was net een oor, n mannetjie met die naam Eensame George, tot met sy dood in Junie 2012. Daar is geglo die skilpad het heeltemal uitgesterf totdat n Hongaarse weekdierkundige Eensame George op 1 Desember 1971 op die Galápagos-eiland Pinta gesien het. Hy was sedertdien n simbool van bewaringspogings in die algemeen en die Galápagos-eilande in die besonder. Toe hy op 24 Junie 2012 dood is, is weer geglo die spesie het uitgesterf. Kort daarna is 17 hibridiese Galápagos-skilpaaie gevind en daar word nou probeer om die subspesie terug te teel in n suiwer vorm. As dit slaag, sal dit die eerste keer wees dat n spesie weer voortbestaan nadat dit as "Uitgestorwe" geklassifiseer is.

                                     
  • verhoed. Uitgestorwe - n Takson is uitgestorwe as daar geen redelike twyfel bestaan dat die laaste lede gesterf het nie. Uitgestorwe in die wildernis
  • reeds uitgestorwe wees. n Nuwe kategorie, Moontlik uitgestorwe is al voorgestel vir sulke spesies. Apes extinct in a generation BBC in Engels
  • meer in hul historiese habitat voorkom nie, maar net in aanhouding of in n beheerde gebied in die natuur Van dié spesies is funksioneel uitgestorwe aangesien
  • 44 837 spesies deur die IUBN ondersoek waarvan 869 2 uitgestorwe is of nie meer in die natuur voorkom nie, 16 928 38 as bedreig geklassifiseer is
  • spesie is een waaroor te min inligting volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur IUBN bestaan vir n behoorlike waardering van
  • van die IUCN oor die gevaar van die globale uitsterwing van spesies. Die kategorieë strek van uitgestorwe tot minste kommer Die kategorieë datagebrekkig
  • Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne IUBN is n internasionale organisasie wat hom toewy aan die bewaring
  • is verklaar dat dit funksioneel uitgestorwe is. Dit het vir sowat 20 miljoen jaar op aarde bestaan. Die laaste een is in Augustus 2007 gesien. Smith, B
  • beheermaatreëls in plek is, soos spesiale permitte. Ara ararauna. Ara militaris. Primolius auricollis Anodorhynchus hyacinthinus. Die uitgestorwe Ara tricolor
  • Die reusebloedsuiervlermuis, of Desmodus draculae, is n uitgestorwe spesie vlermuise wat tydens die pleistoseen en moontlik die vroeë holoseen in Suid - Amerika
  • Die kwagga is n uitgestorwe subspesie van die bontsebra in die genus Equus. Dit het eens in groot getalle in Suid - Afrika se gewese Kaapprovinsie en die
  • familie van die Accipitriformes. Die enigste lewende lid van die familie is die sekretarisvoël Sagittarius serpentarius uit Afrika. Die uitgestorwe genus