ⓘ Regte klimming

                                     

ⓘ Regte klimming

In sterrekunde is regte klimming een van die twee rigtingkoördinate van n punt aan die hemelbol volgens die stelsel waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is deklinasie.

Regte klimming in sterrekunde kan vergelyk word met lengtegrade in geografie. Die regte klimming se afstand word ooswaarts al langs die hemelewenaar gemeet van die lentepunt waar die Son die hemelewenaar tydens die lente-dag-en-nagewening in Maart kruis tot by die uursirkel van die spesifieke voorwerp die punt op die hemelewenaar waarteenoor die voorwerp lê. Regte klimming word in n aaneenlopende volle sirkel gemeet.

Die eenhede wat gebruik word om dit aan te dui, is meestal uur h, minute m en sekondes s, met 24 h gelyk aan n volle sirkel. Aangesien n volle sirkel 360° het, is 1 h van regte klimming gelyk aan 1 ⁄ 24 hiervan, of 15 grade, 1 m van regte klimming is gelyk aan 15 boogminute en 1 s van regte klimming is gelyk aan 15 boogsekondes.

                                     

1. Invloed van presessie

Die Aarde se as draai stadig weswaarts om die pole van die sonnebaan en voltooi een kringloop in sowat 26 000 jaar. Hierdie effek, bekend as presessie, veroorsaak dat die koördinate van "vaste hemelliggame voortdurend verander, al is dit baie stadig. Daarom hou lugkoördinate insluitende regte klimming verband met die jaar van waarneming. Sterrekundiges dui die koördinate aan met verwysing na n spesifieke jaar, bekend as n epog. Koördinate van verskillende epogs moet wiskundig aangepas word met betrekking tot mekaar, of om ooreen te stem met n standaard-epog.

Die huidige standaard-epog is J2000, wat staan vir 1 Januarie 2000 om 12:00 Aardtyd. Die "J" dui aan dat dit n Juliaanse epog is. Voorheen is die opeenvolgende Besseliaanse epogs B1875.0, B1900.0 en B1950.0 gebruik.

                                     

2. Eksterne skakels

  • Hemelewenaar-koördinatestelsel, Universiteit van Nebraska-Lincoln
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  • Gids tot die hemelbol, James B. Kaler, Universiteit van Illinois
                                     
  • dek. en regte klimming RK Die deklinasie dui die voorwerp se posisie aan noord of suid - van die hemelewenaar en die regte klimming die posisie
  • Epog 1860 die voorwerp met die laagste regte klimming was. Die katalogus lys voorwerpe volgens hulle regte klimming van laag na hoog. Die koördinate het
  • bietjie vanweë die Aarde se presessie, en die lentepunt die nulpunt van regte klimming verskuif met 50, 29 boogsekondes. Daarom moet die koördinate van vaste
  • posisie wat Messier aangedui het nie. Die waarde wat hy aangee vir die regte klimming stem ooreen met dié van NGC 2548, maar die deklinasie is vyf grade uit
  • deur Messier aangedui is nie wat hy uitgedruk het in terme van sy regte klimming en deklinasie ten opsigte van die ster K Puppis As die tekens van
  • Kepler - 24 is n ster in die noordelike sterrebeeld Lier. Dit is geleë by regte klimming 19h 21m 39.0s en deklinasie 38 20 37 Met n skynbare magnitude
  • sterrekunde kom voor wanneer twee hemelliggame of ruimtetuie óf dieselfde regte klimming óf dieselfde ekliptiese lengte het, gewoonlik soos van die Aarde af
  • n K - tipe ster in die noordelike sterrebeeld Lier. Dit is geleë by regte klimming 18h 59m 45.839s en deklinasie 46 33 59.54 Met n skynbare magnitude
  • breed met n massa van 1 1017 M Die middel van die superswerm is by regte klimming 03h 19m en deklinasie 50 02 en dit strek oor n vierkantige gebied
  • Daarbenewens word die regte klimming oos - wes in ure, minute en sekondes aangegee, waarby die hele sirkel 24 uur beslaan. n Uur in regte klimming stem dus ooreen
  • waarmee hemelliggame se posisie bepaal word. Die ander koördinaat is regte klimming Deklinasie in sterrekunde kan vergelyk word met breedtegrade in geografie