ⓘ Engels

                                     

ⓘ Engels

Hierdie artikel handel oor die Engelse taal. Sien gerus Engels dubbelsinnig vir ander artikels met n soortgelyke titel.

Engels is n Wes-Germaanse taal wat vanuit Engeland ontwikkel het. Dit is die derde mees algemene "eerste" taal, met omtrent 335 miljoen mense in 2002. Engels het lingua franca -status in baie dele van die wêreld, as gevolg van die militêre, ekonomiese, wetenskaplike, politieke en kulturele invloed van die Verenigde Koninkryk en later die Verenigde State. Waar moontlik word omtrent alle studente wêreldwyd verplig om n bietjie Engels te leer, en kennis van Engels is feitlik n voorvereiste om te kan werk in vele velde en beroepe. Die meeste hoer akademiese inrigtings, byvoorbeeld, vereis n basiese vlak van Engels.

                                     

1. Betekenis

Moderne Engels, soms beskryf as die eerste wêreldwye lingua franca is die belangrikste internasionale taal vir kommunikasie, wetenskap, lugvaart, vermaak, toerisme, radio, diplomasie en in die sakewêreld. Die uitbreiding van die taal vanaf die Britse eilande tot oor die hele wêreld het saam met die groei van die Britse Ryk begin, en aan die einde van die negentiende eeu was die taal reeds wêreldwyd versprei. Die taal is dominant in die Verenigde State en deur sy groeiende ekonomiese en kulturele invloed en sy magstatus sedert die Tweede Wêreldoorlog het die posisie van die taal wêreldwyd versterk.

n Goeie kennis van Engels is n vereiste in n aantal werkgebiede en beroepe soos geneeskunde en informatika; as gevolg daarvan verstaan ten minste een miljard mense die basiese beginsels van Engels. Dit is ook een van die ses amptelike tale van die Verenigde Nasies.

Taalkundiges soos David Crystal erken dat een van die gevolge van die groei van Engels nes ander wêreldwye tale is dat die taalkundige diversiteit op baie plekke ter wêreld verlore gaan, in besondere Australasie en Noord-Amerika.

                                     

2. Geskiedenis

Engels ontstaan uit vele Germaanse dialekte, wat na Groot-Brittanje gebring is deur die Angelsaksiese koloniste aan die begin van die 5de eeu, veral die Angele, Saksers en die Jute.

Die taal word sterk beïnvloed deur die Oud-Noorse taal van die Vikings. Na die Normandiese verowering van Engeland in 1066, ondervind die taal n sterk Franse invloed en ontwikkel van Oudengels tot Middelengels. n Rede vir die verandering was die algemene gebruik van leenwoorde uit die Normandiese woordeskat en die gebruik van Normandiese spelreels. Hedendaagse Engels ontwikkel self daaruit en gaan voort met die opneem van buitelandse leenwoorde, veral uit Latyn en Grieks. Dit neem ook leenwoorde oor vanuit die Indiese tale.

Die grammatikale struktuur van Engels is nog steeds oorwegend Germaans met enkele Romaans-ontleende sinskonstruksies. Van die totale Engelse woordeskat is baie woorde ongeveer 60% egter vanaf Franse en Latynse herkoms. Mense verwys soms na Engels as n oorbrugingstaal tussen die wêreld van die Germaanse en Romaanse tale.

Met Engels word deurgaans soos volg geperiodiseer:

  • Middelengels, 12de-15de eeu, beïnvloed deur Normandies n Franse dialek na die slag van Hastings.
  • Nuwe-Engels, 16de eeu tot hede
  • Oudengels, 7de en 8ste eeu, ook bekend as Angelsaksies, soos verklaar in Beowulf.
                                     

3. Moderne gebruik

Die Engelse taal is vanaf die 20ste eeu die invloedrykste taal ter wêreld. Dit is deels as gevolg van die Britse koloniale uitbreiding in die 19de eeu waardeur Engels in baie voormalige kolonies nog steeds die vernaamste amptelike en bestuurs- taal is, maar veral ook deur die kulturele en wetenskaplike dominerende Verenigde State.

                                     

4. Eerste taal

Engels is die amptelike taal van onder andere Australie, Belize, Nieu-Seeland en Nigerie een van die amptelike tale van onder andere Kanada, Ierland en Suid-Afrika. Engels funksioneer de facto as amptelike taal van die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State.

                                     

5. Tweede taal

Engels word deur vele mense as hul tweede taal gepraat. As mens die eerste- en tweedetaalsprekers bymekaar tel, is dit selfs die mees gebruikte taal ter wêreld. Beskou mens slegs die eerstetaalsprekers, dan word Engels nog oortref deur Mandaryns en Spaans. Die taal dien as lingua franca vir kommunikasie in wetenskap, tegnologie en in die internasionale politieke en ekonomiese arena oor die hele wêreld.

n Inisiatief van die Universiteit van Cambridge, die University of Cambridge ESOL examination, is n reeks skooleksamens wat die beheersing van die Engelse taal deur nie-moedertaalsprekers toets. Wêreldwyd neem jaarliks 2 miljoen mense in meer as 130 lande aan die eksamens deel.

                                     

6. Woordeskat

Engels het n baie groot woordeskat en daar kom gereeld twee woorde voor vir n enkele begrip: een Germaans een Romaans byvoorbeeld freedom en liberty beteken beide vryheid. Die verskil in gebruik word grotendeels bepaal deur die register: die Germaanse woord by voorkeur in die daaglikse lewe en die Romaanse sinomieme in amptelike geskrewe taal. Die totale aantal woorde in die Engelse taal is n onderwerp van bespreking, maar volgens die Oxford Woordeboek is dit minstens 500 000.

Volgens die Shorter Oxford Dictionary is die woorde in Engels van hierdie oorsprong:

  • Andere tale/onbekend: ongeveer 8%
  • Latyn: 28.24%
  • Grieks: 5.32%
  • Andere Germaanse tale Oudengels/Middelengels, Oudnoors en Oud-Nederlands: 25%
  • Frans, inklusief oud-Frans en anglo-Frans: 28.3%


                                     

7. Spelling

Engels het n baie diep ortografie, dit wil sê daar is weinig verband tussen uitspraak en skryfwyse. 40 klanke word op 1120 verskillende wyses geskryf. Volgens die navorser Eraldo Paulesu van die Milaanse Universiteit is dit die oorsaak dat in Engelstalige lande tweemaal soveel disleksie-diagnoses voorkom as in Italie. In Italiaans word 25 klanke op slegs 33 verskillende wyses geskryf.

                                     

8. Verdere leesstof

  • The Oxford Companion to the English Language, ed. Tom McArthur
  • A History of the English Language deur Albert Baugh en T. Cable London, 2002
  • The Cambridge Encyclopedia of the English Language, deur David Crystal
                                     

9. Eksterne skakels

  • BBC – Radio 4 – Routes of English
  • Learning Vocabulary Can Be Fun Vier aanlyn, interaktiewe speletjies om studente te help woordeskat aanleer.
  • Ethnologue report for English
  • The Worlds Most Widely Spoken Languages
  • en "English language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Augustus 2018.
  • Development of English
  • English-English dictionary – kombineer inligting vanuit verskeie woordeboeke.
  • AskOxford.com: Global English
  • Woordeboek Engels-Afrikaans-Engels
  • Cambridge Dictionary
  • Read Print Books – sluit baie publieke-domein werke in vanuit klassieke Engelse literatuur
                                     
  • Friedrich Engels Barmen Wuppertal 28 November 1820 Londen, 5 Augustus 1895 was n Duitse industrialis, sosiale wetenskaplike, outeur, politieke
  • Kanadese Engels Engels Canadian English is die variant van Engels wat volgens die sensus van 2011 deur sowat 24, 6 miljoen Kanadese of 74, 4 persent
  • Hiberno Engels Engels Hiberno - English, soms ook Ierse Engels of Anglo - Iers genoem is die Engelse dialek wat in Ierland Latyns: Hibernia gebesig word
  • Afrikaanse woorde is al in verskeie tale, onder andere Engels opgeneem. Britse Engels het primêr Afrikaanse woorde vanaf die Britse soldate opgeneem
  • Samaná Engels is n vorm van Engels wat deur omtrent 8 000 mense op die Samaná - skiereiland in die Dominikaanse Republiek gepraat word. Hulle word ook Samaná
  • Afrika - dialekte van Engels Amerikaanse Engels Australiese Engels Britse Engels Kanadese Engels Karibiese Engels Hiberno - Engels Indiese Engels Middel - Engels Moderne
  • Wera Engels 12 Mei 1904 16 November 1988 was n Duitse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Le parfum de la dame en noir 1931
  • databasis kan in Engels Frans of Spaans besoek word. Die oudste rekords in die databasis dateer terug na 1703. Tropicos in Engels Ciencias, Universidad
  • Engels 23 Oktober 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 Desember 2012. YouTube launches in Argentina in Engels