ⓘ Departement van Basiese Onderwys

                                     

ⓘ Departement van Basiese Onderwys

Die Departement van Basiese Onderwys is een van die departemente van die Regering van Suid-Afrika. Hulle is verantwoordelik vir primêre en sekondêre onderwys in Suid-Afrika. Die departement is in 2009 geskep na die verkiesing van president Jacob Zuma, toe die voormalige Departement van Onderwys onderverdeel is.

Die politiese hoof van die departement is die Minister van Basiese Onderwys. Vanaf Mei 2009 beklee Angie Motshekga die posisie. Die departement se hoofkantoor is in die Sol Plaatje-huis, wat vernoem is na die skrywer Sol Plaatje, in Pretoria.

In die nasionale begroting van 2010 het die departement n bewilliging van R6.166.2 miljoen ontvang, met 730 werknemers by sy hoofkantoor.