ⓘ Forbes

                                     

ⓘ Forbes

Forbes is n saketydskrif in die Verenigde State van Amerika.

Forbes Magazine is n Amerikaanse sakeblad wat deur B.C. Forbes gestig is, en tans deur sy kleinseun, Steve Forbes gelei word. Die tydskrif is veral bekend vir sy jaarlikse samestelling van n lys met die rykste mense ter wêreld minimum van $ 1 miljard word benodig vir notering. Hulle stel ook elke jaar n lys met die 500 grootste besighede ter wêreld saam. Sedert 2004 publiseer hulle n lys van die 100 magtigste vroue ter wêreld.

Hulle bring ook jaarliks ander lyste uit, soos byvoorbeeld: Celebrity 100 List. Bekende mense wat al op nr. 1 was sluit in: Oprah Winfrey, Tom Cruise en Jennifer Aniston.

                                     

1. Rykste mense ter wêreld

Die hoogste Suid-Afrikaanse notering vir 2011 is Nicky Oppenheimer & familie op nommer 136.

In 2007 is die hoogste Nederlandse notering op hierdie lys die EU-kommissaris Neelie Kroes, op posisie nommer 59 in 2006 op 38, en in 2005 op 44.