ⓘ Alexander von Humboldt

                                     

ⓘ Alexander von Humboldt

Friedrich Wilhelm Heinrich Alexander von Humboldt was n Duitse natuurvorser met n studieveld wat ver buite die grense van Europa gestrek het. Sy wetenskaplike werk, wat in n tydsbestek van meer as sewe dekades ontstaan het, het die destydse kennis oor die wêreld aansienlik vergroot en van hom een van die medestigters van die geografie as n empiriese wetenskap gemaak.

Alexander von Humboldt het navorsingsreise na Latyns-Amerika, die Verenigde State en Sentraal-Asie onderneem. Hy het self veldnavorsing oor onder meer fisika, chemie, geologie, mineralogie, vulkanologie oorkoming van neptunisme, plantkunde hy het plantgeografie as n wetenskap bevestig, dierkunde, klimatologie isoterme, oseanografie en sterrekunde, maar ook oor kwessies rakende ekonomiese geografie, etnologie en demografie gedoen. By die samestelling van sy wetenskaplike publikasies het hy met n groot aantal leidende internasionale deskundiges uit verskillende domeine gekorrespondeer en sodoende sy eie wetenskaplike netwerk geskep.

In Duitsland het hy veral met sy Ansichten der Natur "Beskouings oor die natuur" en sy Kosmos buitengewone gewildheid geniet. Die hoe aansien, wat hy reeds tydens sy leeftyd geniet het, word in byname soos "die tweede Kolumbus", "wetenskaplike herontdekker van Amerika", "vors van die wetenskap" en "die nuwe Aristoteles" volgens n opskrif op n gedenkmunt wat deur die Paryse Akademie van Wetenskappe uitgereik is. Von Humboldt is deur n verskeidenheid akademiee as lid aanvaar, waaronder die Duitse Leopoldinisch-Karolinische Akademie der Naturforscher, die Koninklike Pruisiese Akademie van Wetenskappe, die Beierse Akademie van Wetenskappe en die Duitse Akademie van Wetenskappe van Algemene Belang Akademie gemeinnütziger Wissenschaften.

                                     
  • Die wetenskaplike teorie van biogeografie groei uit die werk van Alexander von Humboldt 1769 1859 Hewett Cottrell Watson 1804 1881 Alphonse de Candolle
  • Galápagos - pikkewyn. Die Humboldt - pikkewyn en die koue waterstroom waarin hy swem, is vernoem na die ontdekkingsreisiger Alexander von Humboldt Die spesie word
  • die rivier se delta ontdek. In 1800 het die Duitse natuurkundige Alexander von Humboldt saam met die Franse botanikus Aimé Bonpland n ekspedisie van die
  • deelgeneem aan korrespondensie met ander wetenskaplikes wat Alexander von Humboldt en Leopold von Buch ingesluit het. Sy versameling fossiele is deur die
  • Bonaparte, generaal en regeerder van Frankryk 1821 14 September Alexander von Humboldt Duitse wetenskaplike en ontdekkingsreisiger 1859 2 Februarie
  • Werner Holt 1965 1956: Genesung 1960: Kosmos - Erinnerungen an Alexander von Humboldt 1962: Tyutyun 1965: Die Abenteuer des Werner Holt 1958: Die kleinen
  • gewildste toeristebestemmings in die Ryn - Main - streek. Die natuurvorser Alexander von Humboldt 1769 - 1859 het die Taunus as die mooiste middelgebergte op aarde
  • L. L. Zamenhof, ontwikkelaar van Esperanto 1917 6 Mei Alexander von Humboldt Duitse wetenskaplike en ontdekkingsreisiger 1769 15 September
  • ontdek, wat deesdae as Gay - Lussac se wet bekend staan. Saam met Alexander von Humboldt het hy bepaal dat tydens die elektrolise van water, die volumes
  • national d histoire naturelle. Vroeg in sy loopbaan is hy deur Alexander von Humboldt 1769 1859 versoek om diere te beskryf en te klassifiseer, wat