ⓘ Wêreldgeskiedenis

                                     

ⓘ Wêreldgeskiedenis

Hierdie artikel handel oor die algemene geskiedenis van die wêreld en die mensdom. Vir ’n artikel oor die vakgebied, sien Geskiedenis vakgebied. Vir die volledige geskiedenis van die aarde, sien Geskiedenis van die Aarde. Vir die mens se evolusionêre geskiedenis, sien Menslike evolusie.

Die wêreldgeskiedenis, ook bekend as die menslike geskiedenis, is die beskrywing van die wêreld en die mens se verlede. Kennis word ingewin deur middel van argeologie, antropologie, genetika, linguistiek en ander dissiplines; en vir die tydperke sedert die uitvinding van skryf uit aangetekende bronne en deur sekondêre bronne en studies.

Die mens se geskrewe geskiedenis is voorafgegaan deur die voorgeskiedenis, wat begin het met die Palaeolitiese Era Ou Steentydperk, gevolg deur die Neolitiese Era Nuwe Steentydperk. Tydens die Neolitikum het die Landbouomwenteling begin, tussen 10000 v.C. en 5000 v.C. in die Nabye Ooste se Vrugbare Halfmaan. In dié tyd het die mens begin met die stelselmatige domestikering van plante en diere. Namate landbou meer gevorderd geraak het, het die mens verander van nomades in boere met ’n gevestigde leefwyse in permanente nedersettings. Die relatiewe sekuriteit en groter produktiwiteit wat landbou teweeggebring het, het gemeenskappe toegelaat om in al hoe groter eenhede te ontwikkel, aangehelp deur die uitvinding van vervoer.

In prehistoriese sowel as historiese tye moes die mens altyd naby betroubare bronne van drinkwater wees. Nedersettings het so vroeg as 4000 v.C. ontstaan in Iran, die Indusriviervallei, aan die oewers van Egipte se Nylrivier en aan die riviere van China. Namate landbou ontwikkel het, het graanvervaardiging moderner geraak en werkers genoodsaak wat voedsel tussen groeiseisoene kon berg. Arbeidsposte het gelei tot die ontwikkeling van ’n hoer stand en stede, wat die fondament vir die beskawing verskaf het. Die groter kompleksiteit van menslike gemeenskappe het eindelik boekhou- en skryfstelsels nodig gemaak.

Met die beskawing wat vooruitgegaan het, het ryke gekom en gegaan tydens die antieke geskiedenis "laat oudheid," insluitende die klassieke oudheid, tot omstreeks 500 n.C. In die postklassieke tydperk Middeleeue, omstreeks 500-1500 n.C. het die opkoms van die Christendom, die goue era van die Islam omstreeks 750-1258 n.C. en die Timoeridiese en die Italiaanse Renaissance van omstreeks 1300 n.C. af plaasgevind. Die bekendstelling van drukwerk in Europa het gelei tot ’n omwenteling in kommunikasie en die beskikbaarheid van inligting. Dit het die einde van die Middeleeue en die begin van die Wetenskapomwenteling bespoedig. Die vroee moderne tydperk, van omstreeks 1500 tot 1800, het die tydperke van die Verligting en van ontdekking ingesluit. Teen die 18de eeu het die versameling van kennis en tegnologie ’n stadium bereik dat dit gelei het tot die Nywerheidsomwenteling en die begin van die laat moderne tydperk, wat omstreeks 1800 begin het en tans voortduur.

Die stelsel van historiese tydperke is ontwikkel vir en is van toepassing op die geskiedenis van die Ou Wêreld, veral Europa en die Mediterreense streek. Buite dié gebied, insluitende antieke China en Indie, lyk die historiese tydlyn anders. Teen die 18de eeu het die geskiedenisse van die meeste beskawings danksy uitgebreide wêreldhandel en kolonisasie aansienlik vervleg geraak, ’n proses wat bekend is as globalisering. In die laaste kwartmillennium het die tempo van bevolkingsgroei, kennis, tegnologie, kommunikasie, handel, verwoesting deur wapens en omgewingsagteruitgang grootliks versnel en geleenthede en gevare sonder presedent geskep wat die wêreld se gemeenskappe nou in die gesig staar.

                                     

1.1. Voorgeskiedenis Vroee mense

Genetiese aanwysings dui daarop dat die aaplyn wat tot Homo sapiens sou lei, sowat 4.6 miljoen tot 6.2 miljoen jaar gelede van die lyn afgeskei het wat sou lei tot die sjimpansee en bonobo, die moderne mens se naaste verwante. Die anatomies moderne mens het sowat 300 000 jaar gelede in Afrika ontstaan en sowat 50 000 jaar gelede moderne gedrag ontwikkel.

Moderne mense het sowat 60 000 jaar gelede vinnig uit Afrika na die rypvrye streke van Europa en Asie versprei. Die vinnige verspreiding van die mens na Noord-Amerika en Oseanie het plaasgevind tydens die hoogtepunt van die mees onlangse ystyd, toe gematigde streke van vandag uiters onherbergsaam was. Tog het die mens teen die einde van die ystyd sowat 12 000 jaar gelede byna al die ysvrye dele van die wêreld bewoon. Ander hominiede soos Homo erectus het millenniums lank eenvoudige hout- en klipgereedskap gebruik, maar werktuie het geleidelik fyner afgewerk en kompleks geword.

Miskien reeds 1.8 miljoen jaar gelede, maar beslis teen 500 000 jaar gelede, het mense vuur begin gebruik vir hitte en om te kook. Hulle het ook in die Paleolitikum taal ontwikkel, asook gebruike soos begrafnisse vir die dooies en die versiering van die lewendes. Vroee kunsuitdrukking kan gevind word in die vorm van grottekeninge en beeldhouwerk wat gemaak is van ivoor, klip en been, wat dui op ’n spiritualiteit wat algemeen vertolk word as animisme, of selfs sjamanisme. In dié tyd was alle mense jagter-versamelaars en gewoonlik nomadies.

                                     

1.2. Voorgeskiedenis Opkoms van die beskawing

In die Neolitiese Omwenteling, wat omstreeks 10000 v.C. begin het, het die landbou ontwikkel en dit het die mens se leefstyl heeltemal verander. Boerdery het omstreeks 10000 v.C. in die Midde-Ooste ontstaan, omstreeks 7000 v.C. in wat nou China is, omstreeks 6000 v.C. in die Indusriviervallei en Europa, en omstreeks 4000 v.C. in die Amerikas. Die verbouing van graangewasse en die domestikering van diere het omstreeks 8500 v.C. in die Midde-Ooste begin, waar koring en rog die eerste gewasse en skape en bokke die eerste mak diere was. In die Indusvallei is graangewasse teen 6000 v.C. verbou en beeste gedomestikeer. Die Geelriviervallei in China het teen omstreeks 7000 v.C. manna en ander graangewasse verbou, maar rys is vroeer in die Yangtzevallei gedomestikeer, teen minstens 8000 v.C. In die Amerikas is sonneblomme teen omstreeks 4000 v.C. geplant, en mielies en bone is teen 3500 v.C. in Sentraal-Amerika verbou. Aartappels is die eerste keer in die Andesgebergte van Suid-Amerika geplant, waar die lama ook gedomestikeer is. Metaalwerk, met koper wat omstreeks 6000 v.C. gebruik is, is eerste vir gereedskap en ornamente aangewend. Goud is kort daarna ook gebruik, veral vir ornamente. Die behoefte aan metaalerts het handel gestimuleer, omdat baie van die vroee menslike nedersettings ’n gebrek aan erts gehad het. Brons, ’n allooi van koper en tin, is bekend uit omstreeks 2500 v.C., maar is eers heelwat later algemeen gebruik.

Hoewel vroeere protostede omstreeks 6000 v.C. by Jerigo en Catal Huyuk ontstaan het, het die eerste beskawings eers omstreeks 3000 v.C. in Egipte en Mesopotamie hulle verskyning gemaak. Hierdie kulture het die wiel ontdek, asook wiskunde, bronswerk, seilbote, die pottebakkerswiel, geweefde materiaal, die bou van monumentale geboue en skryf.

Geleerdes reken nou dat skryf apart in minstens vier antieke beskawings kon ontwikkel het: Mesopotamie tussen 3400 en 3100 v.C., Egipte omstreeks 3250 v.C., China 2000 v.C. en Meso-Amerika teen 650 v.C.

Boerdery het gelei tot digter bevolkings, wat weer ontwikkel het tot state. Landbou het ook voedseloorskotte meegebring wat mense kon voed wat nie regstreeks by voedselvervaardiging betrokke was nie. Die ontwikkeling van landbou het gelei tot die stigting van die eerste stede. Hulle was sentrums van handel, vervaardiging en politieke mag. Stede het ’n simbiose met hulle omringende plattelandse gebiede gevorm en landbouprodukte gebruik terwyl hulle op hulle beurt goedere vervaardig het en wisselende grade van militêre beheer en beskerming gebied het.

Die ontwikkeling van stede is sinoniem met die opkoms van die beskawing. Vroee beskawings het eerste in Benede-Mesopotamie 3000 v.C. verskyn, gevolg deur Egipte aan die Nylrivier 3000 v.C., die Indusvallei in die hedendaagse Indie en Pakistan; 2500 v.C. en China aan die Geel- en Yangtzerivier 2200 v.C. Dié gemeenskappe het ’n aantal eienskappe gedeel, soos ’n sentrale regering, ’n ingewikkelde ekonomiese en sosiale struktuur, gesofistikeerde taal- en skryfstelsels en spesifieke kulture en godsdienste. Skryf het die administrasie van stede, die uitdrukking van idees en die bewaring van inligting meegebring.

Entiteite soos die son, maan, aarde, sterre en see is dikwels vergoddelik. Altare is gebou en dit het ontwikkel in tempels, kompleet met ’n ingewikkelde hierargie van priesters en priesteresse en ander beamptes. Dikwels is vermenslikte godhede aanbid. Onder die vroegste geskrewe tekste wat bewaar gebly het, is die Egiptiese "Piramidetekste", waarvan die oudstes van 2400 en 2300 v.C. dateer.

                                     

2.1. Antieke geskiedenis Wiee van beskawing

Die Bronstydperk is deel van die drietydperkstelsel Steen-, Brons- en Ystertydperk wat die vroee gskiedenis van die beskawing in sommige dele van die wêreld doeltreffend beskryf. In dié tydperke het stadstate en die eerste beskawings in die vrugbaarste dele van die wêreld ontstaan. Hulle was gekonsentreer in vrugbare riviervalleie: die Tigris en Eufraat in Mesopotamie, die Nyl in Egipte, die Indus op die Indiese subkontinent en die Yangtze en Geel in China.

Sumer in Mesopotamie was die eerste komplekse beskawing; dit het in die 4de millennium v.C. die eerste stadstate ontwikkel. Dit was in dié stede dat die oudste vorm van skryf, wigskrif, omstreeks 3000 v.C. verskyn het. Wigskrif het as ’n vorm van piktogramme begin. Dit is later vereenvoudig en het abstrakter geword. Wigskriftekste is op kleitablette geskryf, waarop simbole met ’n stomp riet aangebring is. Skryf het die administrasie van ’n groot staat baie makliker gemaak.

Vervoer is vergemaklik deur waterwee – op die riviere en die see. Die Middellandse See, wat drie kontinente verbind het, was die teelaarde van militêre mag en die uitruil van goedere, idees en ontdekkings. In dié tyd is ook nuwe tegnologiee op die grond toegepas, soos strydwaens wat deur perde getrek is en wat leers in staat gestel het om vinniger te beweeg.

Dié ontwikkelings het gelei tot die stigting van state en ryke. In Mesopotamie het ’n patroon van onafhanklike, strydende stadstate ontstaan en ’n losse heerskappy wat van die een stad na die ander verskuif het. In Egipte, daarenteen, was daar eers ’n verdeling tussen Bo- en Benede-Egipte, wat kort daarna omstreeks 3100 v.C. verenig is. In Kreta het die Minoïese beskawing die Bronstydperk omstreeks 2700 v.C. binnegegaan; dit word as die eerste beskawing in Europa beskou. Oor die volgende millenniums het koninkryke in ander riviervalleie voorgekom. In die 25ste tot 21ste eeu v.C. het die Akkadiese Ryk en Sumer in Mesopotamie ontstaan.

Oor die volgende millenniums het beskawings oor die hele aardbol ontstaan. Handel het ’n al hoe groter bron van mag geword namate state met toegang tot belangrike hulpbronne belangrike handelsroetes beheer en magtig geword het. Teen 1600 v.C. het Miceense Griekeland begin ontwikkel, en dit het geeindig met die verval van die laat Bronstydperk wat baie Mediterreense beskawings tussen 1200 en 1150 v.C. geraak het. In Indie was dit die Vediese tydperk, wat die grondslag gelê het vir Hindoeïsme en ander kultuuraspekte van die vroee Indiese gemeenskap; dit het in die 6de eeu v.C. geeindig. Van omstreeks 550 v.C. is baie onafhanklike koninkryke en republieke, bekend as die mahajanapadas, oor die hele subkontinent gestig.

Terwyl ingewikkelde beskawings in die Oostelike Halfrond ontstaan het, het die inheemse gemeenskappe in die Amerikas relatief eenvoudig en in streekskulture verdeel gebly. Tydens die vormingsfase van Meso-Amerika omstreeks 1500 v.C. tot 500 n.C. het komplekser en gesentraliseerde beskawings begin ontwikkel, die meeste in wat nou Mexiko, Sentraal-Amerika en Peru is. Dit het die beskawings van die Olmeke, Maja, Zapoteke, Moche en Nazca ingesluit. Hulle het landbou ontwikkel en mielies, brandrissies, kakao, tamaties en aartappels gekweek, gewasse wat eie aan die Amerikas is. Hulle het ook eiesoortige kulture en godsdienste ontwikkel. Dié antieke inheemse kulture sou grootliks, ten goede ten kwade, beïnvloed word deur Europese kontak in die vroee moderne tydperk.



                                     

2.2. Antieke geskiedenis Aksiale tydperk

In die 8ste eeu v.C., in die "Aksiale tydperk", het ’n stelsel herskeppende filosofiese en religieuse idees op baie plekke ontstaan, meestal onafhanklik. Chinese Konfusianisme, Indiese Boeddhisme en Jaïnisme en Joodse monoteïsme het volgens sommige geleerdes alles in die 6de eeu v.C. begin. Karl Jaspers se teorie oor die Aksiale tydperk sluit ook die Persiese Zoroastrisme in, maar ander geleerdes bevraagteken dié siening.

In die 5de eeu v.C. het Sokrates en Plato aansienlike vorderings in die ontwikkeling van die antieke Griekse filosofie gemaak.

In die Ooste het drie skole die Chinese denkwyse tot in die 20ste eeu oorheers. Dit is Taoïsme, Legalisme en Konfusianisme. Die Konfusianistiese tradisie was veral oorheersend en het later na Korea en Japan versprei.

In die Weste het die Griekse filosofiese tradisie, wat deur Sokrates, Plato, Aristoteles en ander filosowe verteenwoordig is, saam met wetenskap, tegnologie en kultuur deur die hele Europa, Egipte, die Midde-Ooste en Noordwes-Indie versprei, vanaf die 4de eeu v.C. ná die verowerings van Alexander die Grote.

                                     

2.3. Antieke geskiedenis Streeksryke

In die millennium van 500 v.C. tot 500 n.C. het ’n reeks besonder groot ryke ontstaan. Goed opgeleide, professionele leers, verenigende ideologiee en gevorderde burokrasiee het dit vir keisers moontlik gemaak om oor groot streke met tot tienmiljoene onderdane te regeer.

Die groot ryke het op militêre anneksasie en die vorming van verdedigde nedersettings staatgemaak om tot landbousentrums te ontwikkel. Die relatiewe vrede wat ryke meegebring het, het gelei tot internasionale handel, veral aan enorme handelsroetes in die Mediterreense gebied, die seehandelsnetwerk in die Indiese Oseaan en die Syroete. In Suid-Europa het die Grieke en later die Romeine kulture geskep in ’n tydperk wat as die "Klassieke Oudheid" bekend is, waarvan die praktyke, wette en gebruike beskou word as die fondament van die moderne Westerse kultuur.

Daar was in dié tyd ’n aantal streeksryke. Die koninkryk van die Mede het gehelp om die Assiriese Ryk te vernietig in samewerking met die nomadiese Skitiers en Babiloniers. Nineve, die Assiriese hoofstad, is in 612 v.C. deur die Mede verwoes. Die Mediese Ryk het geswig voor die daaropvolgende Irannese ryke, insluitende die Achaemenidiese 550-330 v.C., Partiese 247 v.C. - 224 n.C. en Sassanidiese Ryk 224-651 n.C.

Verskeie ryke het in die hedendaagse Griekeland ontstaan. Die eerstes was die Deliese Bond vanaf 477 v.C. en die daaropvolgende Atheense Ryk 454-404 v.C., wat in die huidige Griekeland gesentreer was. Later het Alexander die Grote 356-323 v.C. van Masedonie ’n ryk deur verowerings geskep wat gestrek het van die huidige Griekeland tot die huidige Indie. Die ryk het kort ná sy dood verdeel, maar die invloed van sy Hellenistiese opvolgers het gesorg vir ’n uitgebreide Hellenistiese tydperk 323-31 v.C. dwarsdeur die streek.

In Asie het die Mauryaryk 322-185 v.C. in die 3de eeu v.C. in die huidige Indie bestaan; die grootste deel van Suid-Asie is onder die ryk verenig en het onder Ashoka die Grote floreer. Van die 3de eeu n.C. het die Guptadinastie regeer oor ’n tydperk waarna verwys word as Indie se goue eeu. Van die 4de tot 6de eeu is Noord-Indie deur die Guptaryk regeer. In Suid-Indie het drie prominente Drawidiese koninkryke ontstaan: die Cheras, Cholas en Pandyas. Die daaropvolgende stabiliteit het bygedra tot die inlui van die goue eeu van Hindoekulture in die 4de en 5de eeu.

In Europa het die Romeinse Ryk, wat in die huidige Italie gesentreer was, in die 7de eeu v.C. ontstaan. In die 3de eeu v.C. het die Romeinse Republiek sy gebied begin uitbrei deur verowerings en bondgenootskappe. Teen die tyd van Augustus 63 v.C. - 14 n.C., die eerste Romeinse keiser, het Rome reeds oor die grootste deel van die Mediterreense gebied geheers. Die ryk het bly groei en later ’n groot deel van die grondgebied van Engeland tot Mesopotamie beheer; dit het sy hoogtepunt onder keiser Trajanus gesterf in 117 n.C. bereik. In die 3de eeu het die ryk in ’n westelike en oostelike streek verdeel, gewoonlik met aparte keisers. Die Wes-Romeinse Ryk het in 476 tot ’n einde gekom onder Duitse invloed. Die Oos-Romeinse Ryk, wat toe bekend was as die Bisantynse Ryk, met Konstantinopel as hoofstad, het nog duisend jaar voortbestaan, totdat Konstantinopel in 1453 deur die Ottomaanse Ryk verower is.

In China is die Qin-dinastie 221-206 v.C., die eerste ryk in dié land, gevolg deur die Han-dinastie 206 v.C. - 220 n.C. Dié was vergelykbaar met die mag en invloed van die Romeinse Ryk aan die ander kant van die Syroete. In Han-China is gevorderde kartografie, skeepsbou en navigasie ontwikkel. Die Chinese het hoogoonde uitgevind en fyn koperinstrumente gemaak. Nes met ander ryke in die Klassieke Tydperk het Han-China aansienlike vordering gemaak op die gebied van regering, opvoeding, wiskunde, sterrekunde, tegnologie en in baie ander velde.

In Afrika het die Koninkryk Aksum, wat in die huidige Ethiopie gesentreer was, teen die 1ste eeu n.C. ontstaan as ’n groot handelsryk wat sy bure in Suid-Arabie en Koesj oorskadu en die Rooiseehandel oorheers het. Dit het sy eie geld laat druk en enorme monolitiese steles soos die een van Aksum gemaak om hulle keisers se grafte te merk.

Suksesvolle streeksryke is ook in die Amerikas gestig; hulle het uit kulture ontstaan wat so vroeg as 2500 v.C. bestaan het. In Meso-Amerika het groot pre-Columbiaanse gemeenskappe ontstaan, waarvan die noemenswaardigste die Zapoteke 700 v.C. - 1521 n.C. en die Majabeskawing was, wat sy hoogtepunt bereik het in die klassieke tydperk van Meso-Amerika omstreeks 250-900 n.C., maar dwarsdeur die postklassieke tydperk voortgeduur het tot met die aankoms van die Spanjaarde in die 16de eeu. Die groot stadstate van die Maja het geleidelik in getalle en prominensie toegeneem, en die Majakultuur het deur die Yucatán-skiereiland en omringende gebiede versprei. Die latere ryk van die Asteke is op naburige kulture gebou en is beïnvloed deur verowerde volke soos die Tolteke.

Sommige streke het stadig maar seker vordering met tegnologie gemaak, soos met die belangrike ontwikkeling van die stiebeuel en rysterploeg, wat elke paar eeue plaasgevind het. In sekere streke was daar egter tydperke van vinnige tegnologiese vordering. Die belangrikste was dalk die Hellenistiese tydperk in die Mediterreense gebied, waartydens honderde soorte tegnologie uitgevind is. Sulke tydperke is gevolg deur tye van tegnologiese agteruitgang, soos gedurende die val van die Romeinse Ryk en van die daaropvolgende vroee Middeleeue.

                                     

3. Postklassieke geskiedenis

Die term "postklassieke tydperk" word breer gebruik as die term "klassieke oudheid", waarvan dit afgelei is. Die tydperk word gewoonlik beskou as vanaf die 5de-eeuse val van die Wes-Romeinse Ryk, wat in verskeie aparte koninkryke verdeel het, waarvan sommige later die Heilige Romeinse Ryk gevorm het.

Die vroee Moslemse verowerings val ook in die postklassieke tydperk. Dit is gevolg deur die Islamitiese goue era en die begin en uitbreiding van die Arabiese slawehandel, die Mongoolse invalle in die Midde-Ooste, Sentraal-Asie en Oos-Europa en die stigting van die Ottomaanse Ryk omstreeks 1280. In Suid-Asie was daar ’n reeks koninkryke in Indie, gevolg deur die stigting van Islamitiese ryke in Indie.

In Wes-Afrika het die Songhai- en Maliryk ontwikkel. Aan die suidooskus van Afrika is Arabiese hawens gevestig waar handel gedryf is in goud, speserye en ander ware. Dit het daartoe gelei dat Afrika in die Suidoos-Asiatiese handelstelsel opgeneem is en kontak met Asie gemaak het; dit, tesame met die Moslemkultuur, het aanleiding tot die Swahilikultuur gegee.

In China was daar die opeenvolgende Sui-, Tang-, Song-, Yuan- en vroee Ming-dinastie. Midde-Oosterse handelsroetes aan die Indiese Oseaan en die Syroete deur die Gobiwoestyn het beperkte ekonomiese en kulturele kontak tussen Asie en Europa meegebring.

In dieselfde tydperk het beskawings in die Amerikas, soos die Mississippi-, Inka-, Maja- en Asteekse beskawings, hulle hoogtepunt bereik. Hulle is almal aan die begin van die moderne geskiedenis verower ná kontak met Europese koloniste.



                                     

3.1. Postklassieke geskiedenis Groter Midde-Ooste

Voor die opkoms van Islam in die 7de eeu is die Midde-Ooste oorheers deur die Bisantynse en die Persiese Sassanidiese Ryk, wat gereeld met mekaar oorlog gevoer het vir beheer oor verskeie betwiste gebiede. Dit was ook ’n kulturele oorlog, met die Bisantynse Hellenistiese en Christelike kultuur wat meegeding het met die Persiese Irannese tradisies en Zoroastriese godsdiens. Die vorming van die Islamitiese godsdiens het ’n nuwe mededinger daargestel wat albei dié ryke vinnig verbygesteek het. Islam het die politieke, ekonomiese en militêre geskiedenis van die Ou Wêreld, veral die Midde-Ooste, grootliks beïnvloed.

Die Moslems het in die vroee postklassieke tydperk hulle uitbreiding vanuit hulle sentrum op die Arabiese Skiereiland begin. Teen 750 het hulle die grootste deel van die Nabye Ooste en Noord-Afrika, asook dele van Europa, verower. Dit het ’n nuwe tydperk ingelui van leer, wetenskap en uitvindings bekend as die Islamitiese goue era. Die kennis en vaardighede van die antieke Nabye Ooste, Griekeland en Persie het in die postklassieke tydperk by die Moslems gelê, en hulle het ook nuwe en belangrike uitvindings van buite bygevoeg, soos die vervaardiging van papier uit China en die desimale telstelsel uit Indie.

’n Groot deel van dié leer- en ontwikkelingsproses was aan geografie te danke. Selfs voor die teenwoordigheid van die Islam, was die stad Mekka al ’n handelsentrum in Arabie, en die Islamitiese profeet Mohammed was self ’n handelaar. Met die nuwe Islamitiese tradisie die hadj, die pelgrimstog na Mekka, het die stad ’n selfs groter sentrum geword vir die uitruil van goedere en idees. Die invloed wat Moslemse handelaars oor die Afrika-Arabiese en Arabies-Asiatiese handelsroetes uitgeoefen het, was enorm. As gevolg daarvan het die Islamitiese beskawing gegroei en uitgebrei met sy handelsekonomie as basis, in teenstelling met die Europeers, Indiers en Chinese wat hulle gemeenskappe op ’n landboubasis gebou het. Handelaars het hulle ware en Islamitiese geloof gebring na China, Indie, Suidoos-Asie en die koninkryke van Wes-Afrika, en het teruggekeer met nuwe ontdekkings en uitvindings.

Europese leiers, gemotiveer deur godsdiens en drome van verowerings, het ’n reeks Kruistogte van stapel gestuur as teenvoeter van Moslemse mag en om die Heilige Land terug te neem. Die Kruistogte was op die ou einde onsuksesvol en het eerder die Bisantynse Ryk verswak, veral met die verwoesting van Konstantinopel in 1204. Die Bisantynse Ryk het al hoe meer grondgebied aan die Ottomaanse Turke afgestaan. Die Arabiese oorheersing van die streek het in die middel 11de eeu geeindig met die aankoms van die Seldjoekse Turke, wat suid migreer het vanuit die Turkse tuislande in Sentraal-Asie. In die vroee 13de eeu het ’n nuwe vlaag invallers, die Mongoolse Ryk, deur die streek getrek. Eindelik het die Turke geseevier en die Ottomaanse Ryk omstreeks 1280 in die hedendaagse Turkye gestig.

In Noord-Afrika het state wat deur die Berbers gestig is hulle verskyning gemaak, soos die Marinidiese dinastie in Marokko, die Zianidiese dinastie in Algerie en die Hafsidiese dinastie in Tunisie. Die streek is later die Barbaryse Kus genoem en het seerowers en kaapvaarders gehuisves wat die hawens van die gebied gebruik het vir aanvalle op die kusdorpe van verskeie Europese lande op soek na slawe om in Noord-Afrika te verkoop.

Van die Sui-dinastie 581-618 af het die Chinese begin uitbrei na oostelike Sentraal-Asie en Turkse nomades gekonfronteer wat die oorheersende etniese groep in Sentraal-Asie geword het. Aanvanklik het die twee groepe saamgewerk, maar in 630 het die Tang-dinastie die Turke begin aanval en dele van die Mongoolse Ordoswoestyn beset. In die 8ste eeu het die Islam die gebied begin binnedring en gou die enigste geloof van die meeste bewoners geword, hoewel Boeddhisme in die ooste nog sterk was. Die woestynnomades van Arabie kon militêr teenstand bied teen die nomades van die steppe, en die vroee Arabiese Ryk het beheer oor dele van Sentraal-Asie oorgeneem. Die Heftaliete was die magtigste nomadiese groep van die 6de en 7de eeu en het ’n groot deel van die streek beheer. In die 9de tot 13de eeu was die gebied tussen baie magtige state verdeel, insluitend die Samanidiese, Seldjoekse en Khwarezmidiese Ryk. Die grootste ryk wat uit Sentraal-Asie verrys het, het ontstaan toe Djengis Khan die stamme van Mongolie verenig. Die Mongoolse Ryk het later die hele Sentraal-Asie en China beheer, asook groot dele van Rusland en die Midde-Ooste. Nadat Djengis Khan in 1227 dood is, is die grootste deel van Sentraal-Asie regeer deur ’n opvolgerstaat, die Tsjagatai-khanaat. In 1369 het Timoer, ’n Turkse leier in die Mongoolse militêre tradisie, die grootste deel van die streek verower en die Timoeridiese Ryk gestig. Timoer se groot ryk het egter kort ná sy dood geval. Die streek het verdeel geraak in ’n reeks kleiner khanate wat deur die Oesbeke gestig is. Dit het ingesluit die khanate Khiva, Bukhara en Kokand, waarvan almal se hoofstede vandag in Oesbekistan gelee is.

Ná die Bisantyns-Sassanidiese oorloe het Armenie en Georgie in die Kaukasus as onafhanklike ryke floreer. Met die Bisantynse en Sassanidiese Ryk wat deur oorlog uitgeput is, het die Arabiere kans gekry om na die Kaukasus op te ruk tydens die vroee Moslemverowerings. Teen die 13de eeu is die streek weer eens ingeval en onderwerp, deur die Mongole.



                                     

3.2. Postklassieke geskiedenis Europa

Europa is gedurende die Middeleeue gekenmerk deur ’n afname in bewoners, ontstedeliking en barbaarse invalle, wat alles in die laat oudheid begin het. Die barbare het hulle eie koninkryke in die oorblyfsels van die Wes-Romeinse Ryk gestig. In die 7de eeu het Noord-Afrika en die Midde-Ooste, wat eens deel van die Oos-Romeinse Ryk was, deel van die Kalifaat geword nadat hulle deur Mohammed se opvolgers verower is. Hoewel daar aansienlike veranderings in gemeenskaps- en politieke strukture plaasgevind het, het die meeste van die nuwe koninkryke soveel moontlik van die bestaande Romeinse instellings oorgeneem. Die Christendom het in Wes-Europa uitgebrei en kloosters is gebou. In die 7de en 8ste eeu het die Franke, onder die Karolingers, ’n ryk gestig wat die grootste deel van Wes-Europa beslaan het. Dit het tot die 9de eeu geduur toe dit ingeval is deur Wikings, Magjare en Sarasene.

Gedurende die hoe Middeleeue, wat ná 1000 begin het, het die inwonertal van Europa in ’n groot mate gestyg namate landbou- en tegnologiese uitvindings die handel laat floreer en oeste vergroot het. Manorialisme – die organisering van kleinboere in dorpe wat huur aan adellikes moes betaal en dienste aan hulle lewer – en feodalisme – ’n politieke struktuur waar ridders en adellikes van die laer stand militêre diens aan hulle landhere moes lewer in ruil vir die reg om grond en huise te huur – was twee van die maniere waarop die Middeleeuse gemeenskappe georganiseer was wat toe ontwikkel het. Koninkryke het meer gesentraliseer geraak ná die desentraliserende uitwerking van die val van die Karolingers. Die Kruisvaarders, wat in 1095 gewild begin raak het, was ’n poging deur Westerse Christene van lande soos die Koninkryk Engeland, Koninkryk Frankryk en Heilige Romeinse Ryk om beheer oor die Heilige Land te herwin van die Moslems; hulle was lank genoeg suksesvol om ’n paar Christelike state in die Nabye Ooste te vestig. Die intellektuele lewe is gekenmerk deur skolastiek en die stigting van universiteite, terwyl die bou van Gotiese katedrale een van die besonderse kunsprestasies van dié tydperk was.

Die laat Middeleeue is gekenmerk deur probleme en rampe. Hongersnood, peste en oorlog het die bevolking van Wes-Europa laat afneem. Die Swart Dood alleen het tussen 1347 en 1350 sowat 75 miljoen tot 200 miljoen mense se dood gekos. Dit was een van die dodelikste pandemies in menseheugenis. Dit het in Asie begin en die Mediterreense streek en Wes-Europa in die laat 1340s bereik. Dit het binne ses jaar tienmiljoene Europeers se lewe geeis – tussen ’n derde en die helfte van die bevolking.

Die eerste volgehoue verstedeliking in Noord- en Wes-Europa het in die Middeleeue voorgekom, en dit het geduur tot aan die begin van die vroee moderne tydperk in die 16de eeu, wat gekenmerk is deur die opkoms van nasiestate, die verdeling van die Wes-Europese Christendom in die Reformasie, die opkoms van humanisme in die Italiaanse Renaissance en die begin van Europa se uitbreiding na oorsese streke wat gelei het tot die Columbiaanse uitwisseling.

In Sentraal- en Oos-Europa het die Koninkryk Pole en die Groothertogdom Litaue met ingesluit in laasgenoemde dele van Belarus en Oekraïne, wat deur die Duitse Orde geplunder en later deur Moskowie, die Krim-Tatare en die Ottomaanse Ryk bedreig is, in 1386 ’n persoonlike unie gevorm deur die huwelik van koningin Hedwig van Pole met groothertog Jogaila van Litaue, wat koning Władysław II Jagiełło van Pole geword het. Vir die volgende vier eeue, tot met die 18de-eeuse verdeling van die Pools-Litause Gemenebes deur Pruise, Rusland en Oostenryk, was dit lank Europa se grootste staat. Dit het uiteenlopende etniese groepe en gelowe verwelkom, onder meer die meeste van die wêreld se Jode, wetenskaplike denke aangewakker byvoorbeeld Copernicus se heliosentriese teorie en, in ’n laaste poging om hulle soewereiniteit te behou, die Grondwet van 3 Mei 1791 aanvaar, wat die wêreld se eerste moderne geskrewe grondwet naas die Grondwet van die Verenigde State was. Dit het in 1789 in werking getree.

                                     

3.3. Postklassieke geskiedenis Afrika suid van die Sahara

Afrika suid van die Sahara was in die Middeleeue die tuiste van baie verskillende beskawings. Die Koninkryk Aksum het in die 7de eeu agteruitgegaan toe Islam dit van sy Christelike bondgenote afgesny en sy mense verder in die Ethiopiese Hoogland ingetrek het vir beskerming. Hulle het eindelik plek gemaak vir die Zagwe-dinastie, wat bekend is vir sy rotsargitektuur by Lalibela. Die Zagwe het toe gewyk voor die Solomoniese dinastie, wat beweer het hulle stam van die keisers van Aksum af; hulle het die land tot in die 20ste eeu regeer. In die Sahel-streek van Wes-Afrika het baie Islamitiese ryke ontstaan soos die Ghanaryk, Maliryk en Songhairyk. Hulle het die goud-, ivoor-, sout- en slawehandel in Trans-Sahara beheer.

Suid van die Sahel het beskawings in die kuswoude ontstaan, soos die Joroeba van die stad Ife, wat bekend is vir sy kuns; die Ojoryk; die Koninkryk Benin van die Edovolk wat in Benin-stad gesentreer was; die Koninkryk Nri van die Igbo, wat gevorderde bronskuns geskep het; en die Akan, wat bekend is vir hulle ingewikkelde argitektuur.

In Sentraal-Afrika het ook verskeie state ontstaan, soos die Koninkryk Kongo. In wat nou Suid-Afrika is, is verskeie koninkryke gestig, soos Monomotapa. Hulle het floreer danksy handel met die Swahili aan die kus van Oos-Afrika. Hulle het groot klipstrukture sonder pleister gebou soos Groot-Zimbabwe, hoofstad van die Koninkryk Zimbabwe, en Khami, hoofstad van die Koninkryk Butua. Die Swahili self het aan die kus van Oos-Afrika gewoon, van die hedendaagse Kenia tot Mosambiek, en het handel gedryf met Asiate en Arabiere, wat hulle aan Islam bekend gestel het. Hulle het baie hawestede gebou, soos Mombasa en Zanzibar.

                                     

3.4. Postklassieke geskiedenis Suid-Asie

Noord-Indie is ná die val van die Guptaryk in 550 in kleiner state opgedeel. Die vroee Moslemse invalle het in 712 in die weste begin, toe die Arabiese Omajjadiese Kalifaat ’n groot deel van die hedendaagse Pakistan geannekseer het. Die Arabiere se militêre verspreiding is in dié stadium grootliks gestuit, maar Islam het steeds in Indie versprei, grootliks vanwee die invloed van Arabiese handelaars aan die weskus.

In die 9de eeu het ’n driedelige stryd om beheer oor Noord-Indie ontstaan tussen die Pratihara-, Pala- en Rashtrakuta-ryk. Van die belangrike state wat in dié tyd ontstaan het, sluit in die Bahmani-sultanaat en die Vijayanagara-ryk.

Postklassieke dinastiee in Suid-Indie sluit in dié van die Chalukyas, Hoysalas, Cholas, die Islamitiese Mogols, Marathas en die Mysores. Die wetenskap, ingenieurswese, kuns, letterkunde, sterrekunde en filosofie het in dié tyd floreer.

                                     

3.5. Postklassieke geskiedenis Noordoos-Asie

Ná ’n tydperk van relatiewe onenigheid is China in 581 onder die Sui-dinastie verenig. Onder die daaropvolgende Tang-dinastie 618-907 het die land ’n goue era binnegegaan. Die Tang-ryk het met die Tibettaanse Ryk 618-842 meegeding om beheer oor die streke van Binne- en Sentraal-Asie. Die dinastie het egter eindelik versplinter en ná ’n halfeeu van onrus het die Song-dinastie China weer verenig, toe dit volgens die historikus William H. McNeill die "rykste, vaardigste en digs bevolkte land op aarde" was. Druk van nomadiese ryke in die noorde het al hoe groter geword. Teen 1142 is Noord-China aan die Jurge afgestaan in die Jin-Song-oorloe, en die Mongoolse Ryk het in 1279 die hele China verower, saam met amper die helfte van Eurasie. Ná ’n bewind van omtrent ’n eeu deur die Mongoolse Yuan-dinastie het die etniese Chinese die beheer teruggeneem met die stigting van die Ming-dinastie in 1368.

In Japan was die keiserlike lyne teen dié tyd gevestig, en in die Asuka-tydperk 538-710 het die Yamato-provinsie in ’n duidelik gesentraliseerde staat ontwikkel. Boeddhisme is ingevoer, en daar was ’n klem op die aanvaarding van elemente van die Chinese kultuur en Konfusianisme. In die Nara-tydperk van die 8ste eeu het ’n sterk Japannese staat ontstaan. In dié tyd het die keiserlike regering groot openbare bouprojekte aangepak, soos regeringskantore, tempels, paaie en besproeiingstelsels. Die Heian-tydperk 794-1185 was die hoogtepunt van keiserlike mag, en dit is gevolg deur die opkoms van gemilitariseerde clans en die begin van feodalisme. Die feodale tydperk het van 1185 tot 1868 geduur. Die keiser het gebly, maar was hoofsaaklik ’n skynhoof, en die handelaars het min mag gehad.

In postklassieke Korea het die tydperk van die Drie Koninkryke Goguryeo, Baekje en Silla tot ’n einde gekom. Silla het Baekje in 660 verower en Goguryeo in 668. Dit was die begin van die Noord-Suidstaat-tydperk, met ’n verenigde Silla in die suide en Balhae, ’n opvolgerstaat van Goguryeo, in die noorde. In 892 het die tydperk van die Latere Drie Koninkryke aangebreek, met Goguryeo toe Taebong en eindelik Goryeo genoem wat oorheersend was en die hele skiereiland teen 936 verenig het. Die stigterdinastie, Goryeo, het tot 1392 regeer en is opgevolg deur die Joseon-dinastie, wat sowat 500 jaar regeer het.



                                     

3.6. Postklassieke geskiedenis Suidoos-Asie

Aan die begin van die Middeleeue in Suidoos-Asie het die Koninkryk Funan in 550 geval en is dit vervang deur die Chenlaryk, wat weer in 802 deur die Khmerryk vervang is. Die Khmervolk se hoofstad, Angkor, was die grootste stad in die wêreld voor die nywerheidseeu en het meer as duisend tempels bevat, waarvan Angkor Wat die bekendste is.

Die koninkryke Sukhothai 1238 en Ayutthaya 1351 was groot magte van die Thaivolk en is deur die Khmer beïnvloed.

Van die 9de eeu af het die Paganryk opgang in die hedendaagse Mianmar gemaak. Sy val het gelei tot politieke fragmentasie wat geeindig het met die opkoms van die Toungooryk in die 16de eeu.

Islam het in dié tyd van die 13de eeu af versprei na die huidige Indonesie en die Maleise state het ontstaan, onder meer die Malakka-sultanaat en die Broeneise Ryk.

Ook in die Filippyne het verskeie state ontstaan, soos die radjanate Maynila, Cebu en Butuan.



                                     

3.7. Postklassieke geskiedenis Oseanie

In Oseanie is die Tui Tonga-ryk in die 10de eeu gestig en tussen 1200 en 1500 uitgebrei. Die Tongaanse kultuur, taal en heerskappy het in dié tydperk wyd versprei deur Oos-Melanesie, Mikronesie en Sentraal-Polinesie. Dit het ook ander dele beïnvloed, soos Vanuatu en Nieu-Kaledonie. In Noord-Australie is bewyse dat sommige Aborigines gereeld met vissermanne van Makassar in Indonesie handel gedryf het voor die aankoms van Europeers.

min of meer dieselfde tyd het ’n magtige talassokrasie ’n staat met grotendeels ’n seegebied in Oos-Polinesie ontstaan wat om die Geselskapseilande gesentreer was, spesifiek om die heilige Marae Taputapuatea, wat Oos-Polinesiese koloniste gelok het van plekke so ver weg soos Hawaii en Nieu-Seeland. Daarna het gereelde langafstandreise om onbekende redes tot ’n einde gekom, ’n paar eeue voordat Europeers die gebied begin verken het.

Inheemse geskrewe rekords uit dié tyd bestaan feitlik nie. Dit lyk of die volke van die Stille Oseaan geen skryfstelsels gehad het totdat Europese koloniste dit daar bekend gestel het nie, met miskien die uitsondering van die enigmatiese Rapa Nui-volk en hulle tans nog onontsyferde skrif, Rongorongo. Sommige inheemse voorgeskiedenisse kan egter geraam en akademies gerekonstrueer word deur die versigtige ontleding van mondelinge tradisies, argeologie en antropologie, asook deur taalnavorsing.

                                     

3.8. Postklassieke geskiedenis Amerikas

In Noord-Amerika het die Mississippikultuur in dié tydperk omstreeks 800 in die hedendaagse Verenigde State ontstaan; dit word gekenmerk deur die uitgebreide 12de-eeuse stedelike kompleks by Cahokia. Die Pueblokultuur en sy voorgangers 9de-13de eeu het groot permanente nedersettings gebou, insluitende klipstrukture wat tot in die 19de eeu die grootste geboue in Noord-Amerika sou bly.

In Meso-Amerika het die Teotihuacánbeskawing en klassieke Majabeskawing geval. Die Asteekse Ryk het in die 14de en 15de eeu ’n groot deel van Meso-Amerika oorheers.

In Suid-Amerika het die Inkaryk in die 14de en 15de eeu belangrik geword. Die ryk, met Cusco as hoofstad, het die hele Andes beslaan en was die grootste pre-Columbiaanse beskawing. Die Inka was vooruitstrewend en gevorderd, en is bekend vir hulle uitstekende padstelsel en ongeewenaarde klipmesselwerk.

                                     

4. Moderne geskiedenis

Die moderne geskiedenis word gewoonlik beskou as die tydperk ná die postklassieke geskiedenis in Europa bekend as die Middeleeue, en strek van omstreeks 1500 tot die hede. "Eietydse geskiedenis" sluit gebeure tussen 1945 en die hede in. Die moderne geskiedenis kan verder verdeel word in:

  • Die eietydse geskiedenis sluit in historiese gebeure vanaf omstreeks 1945 wat nou met die hede verbind word. Groot ontwikkelings sluit in die Koue Oorlog, straaleeu, die DNS-omwenteling, groen rewolusie, kunsmatige satelliete en GPS-stelsels, die ontwikkeling van die veelnasie-Europese Unie, die inligtingseeu, vinnige ekonomiese ontwikkeling in Indie en China, toenemende terrorisme en ’n groot verskeidenheid wêreldwye ekologiese krisisse soos die al hoe groter bedreiging van ’n weghol-aardverwarming.
  • Die laat moderne tydperk het omstreeks 1750-1815 begin, toe Europa die Nywerheidsomwenteling en die militêr-politieke beroeringe van die Franse Rewolusie en Napoleontiese Oorloe beleef het. Dit is gevolg deur die Pax Britannica. Die laat moderne tydperk duur tot óf die einde van die Tweede Wêreldoorlog in 1945 óf die hede. Nog ’n belangrike gebeurtenis van dié tyd is die Russiese Rewolusie.
  • Die vroee moderne tydperk, wat omstreeks 1500 begin en omstreeks 1815 eindig. Merkwaardige gebeure sluit in die voortsetting van die Renaissance in Europa waarvan die begindatum wisselend aangedui word as tussen 1200 en 1401, die tydperk van groot ontdekkings, die groot Islamitiese ryke, die Protestantse Hervorming, en die Amerikaanse Rewolusie. Met die Wetenskapomwenteling is nuwe inligting oor die wêreld ingesamel danksy proefondervindelike ondersoeke en die wetenskaplike metode, in teenstelling met die vroeere klem op rede en "ingebore kennis". Die Wetenskapomwenteling is aangehelp deur Johannes Gutenberg se bekendstelling van die drukkuns in Europa en van die uitvinding van die teleskoop en mikroskoop. Globalisering is aangevuur deur internasionale handel en kolonisasie.

Die kenmerkende eienskappe van die moderne geskiedenis het hoofsaaklik in Europa voorgekom, en daarom word ander tydperke soms vir ander dele van die wêreld gebruik. Wanneer die Europese tydperke algemeen gebruik word, is dit gewoonlik in die konteks van kontak met die Europese kultuur in die eeu van ontdekking.

                                     

4.1. Moderne geskiedenis Vroee moderne tydperk

Die vroee moderne tydperk was die tyd tussen die Middeleeue en die Nywerheidsomwenteling – rofweg van 1500 tot 1800. Dit word gekenmerk deur die opkoms van die wetenskap en ’n al hoe vinniger ontwikkeling van die tegnologiese proses, gesekulariseerde burgerlike politiek en die nasiestaat. Lande met kapitalisme het ontstaan, aanvanklik in Noord-Italiaanse republieke soos Genua. Handelsekonomiee het ontstaan en belangrik geword en in ’n groot deel van Europa het feodalisme, slawerny en die mag van die Katolieke Kerk afgeneem en soms verdwyn. Die tydperk sluit in die Protestantse Hervorming, die rampspoedige Dertigjarige Oorlog, die tydperk van ontdekkings, Europese koloniale uitbreiding, die hoogtepunt van heksejagtery, die Wetenskapomwenteling en die Verligting.

                                     

4.2. Moderne geskiedenis Renaissance

Europa se Renaissance – die "hergeboorte" van die klassieke kultuur – het in die 14de eeu begin en tot in die 16de eeu voortgeduur. Dit het die herontdekking van die klassieke wêreld se kulturele, wetenskaplike en tegnologiese suksesse behels, asook die ekonomiese en sosiale opkoms van Europa.

Die Renaissance het ’n kultuur van weetgierigheid ingelui wat eindelik gelei het tot humanisme en die Wetenskapomwenteling.

Dié tydperk, met sy sosiale, politieke en intellektuele omwentelings, was ook ’n tyd van kunsontwikkelings en veelweters soos Leonardo da Vinci en Michelangelo, wat die term "Renaissanceman" geïnspireer het.

                                     

4.3. Moderne geskiedenis Europese uitbreiding

In dié tyd het Europese magte die grootste deel van die wêreld begin oorheers. Hoewel die meeste ontwikkelde streke van die Europese klassieke beskawing meer verstedelik was as enige ander deel van die wêreld, het die Europese beskawing ’n lang tyd van geleidelike agteruitgang beleef. In die vroee moderne tydperk het Europa sy oorheersing teruggewen; historici debatteer steeds oor die oorsaak.

Europa se sukses in dié tyd is in teenstelling met ander gebiede. China was byvoorbeeld een van die gevorderdste beskawings in die Middeleeue. Dit het teen die jaar 1000 ’n gevorderde monetêre ekonomie ontwikkel. Dit het vrye kleinboere gehad wat hulle produkte op markte kon verkoop. Die Skotse ekonoom Adam Smith het in die 18de eeu geskryf China was al lank een van die rykste, vrugbaarste, gekultiveerdste, hardwerkendste, vooruitstrewendste en mees verstedelikte lande in die wêreld. Dit het ’n tegnologiese voordeel geniet en ’n monopolie in gietystervervaardiging, die bou van hangbrûe, drukwerk en die kompas gehad. Dit lyk egter of sy vordering tot ’n einde gekom het. Marco Polo, wat China in die 13de eeu besoek het, beskryf die land se landbou, nywerheid en bevolking amper in dieselfde terme as wat reisigers in die 18de eeu sou doen.

Een teorie oor Europa se sukses was dat sy geografie ’n groot rol gespeel het. Die Midde-Ooste, Indie en China word almal deur berge en oseane omring, maar die binneland is feitlik plat. In teenstelling hiermee loop die Pirenee, Alpe, Apennyne, Karpate en ander bergreekse deur Europa, en die kontinent word ook deur verskeie see verdeel. Dit gee Europa ’n mate van beskerming teen Sentraal-Asiatiese invallers. Voor die era van vuurwapens was dié nomades militêr verhewe bo die landboustate aan die rand van die Eurasiese kontinent en as hulle eers die vlaktes van Noord-Indie of die valleie van China bereik het, kon hulle nie maklik gekeer word nie. Hierdie invalle was dikwels verwoestend. Die goue eeu van die Islam is beeindig deur die Mogoolse verwoesting van Bagdad in 1258. Indie en China is periodiek ingeval en Rusland het ’n paar eeue lank onder die Mongoolse/Tataarse juk gebuk gegaan. Sentraal- en Wes-Europa was verder weg van Sentraal-Asie en minder kwesbaar vir dié invalle.

Geografie het bygedra tot belangrike geopolitieke verskille. Vir die grootste deel van hulle geskiedenis was China, Indie en die Midde-Ooste onder ’n enkele, oorheersende mag verenig wat uitgebrei het totdat hulle die omringende berge en woestyne bereik het. In 1600 het die Ottomaanse Ryk feitlik die hele Midde-Ooste beheer, die Ming-dinastie het oor China regeer en die Mogolryk het Indie oorheers. In teenstelling hiermee was Europa amper altyd in ’n paar state verdeel wat met mekaar oorlog gevoer het. Pan-Europese ryke, behalwe die Romeinse Ryk, was geneig om tot niet te gaan kort nadat hulle gestig is. Nog ’n geografiese faktor wat ongetwyfeld tot Europa se opkoms bygedra het, was die Middellandse See, wat millenniums lank gedien het as ’n maritieme snelweg vir die uitruil van goedere, mense, idees en uitvindings.

Byna al die landboubeskawings is grootliks deur hulle omgewings beperk. Produktiwiteit het laag gebly en klimaatsveranderings kon maklik lei tot die opkoms en val van beskawings. Teen omstreeks 1500 was daar egter ’n gehalteverandering in die wêreldgeskiedenis. Tegnologiese vordering en die rykdom wat deur handel teweeggebring is, het geleidelik gelei tot groter moontlikhede.

                                     

4.4. Moderne geskiedenis Streekontwikkelings

Persie het in 1501 onder heerskappy van die Safawidiese Ryk gekom, en dit is opgevolg deur die Afsjaridiese Ryk in 1736, Die Zandryk in 1751 en die Qajarryk in 1794. Gebiede noord en oos hiervan in Sentraal-Asie is deur die Oesbeke en Pasjtoene regeer. Die Ottomaanse Ryk het gou beheer oor die Midde-Ooste, die Balkan en die grootste deel van Noord-Afrika gekry nadat hulle Konstantinopel in 1453 verower het.

In Afrika was daar in dié tydperk agteruitgang in baie beskawings en vooruitgang in ander. Die Swahilikus het agteruitgegaan nadat hulle onder beheer van die Portugese Ryk en later die Omaniryk gekom het. In Wes-Afrika is die Songhairyk in 1591 deur die Marokkane verslaan. Die Suider-Afrikaanse Koninkryk Zimbabwe het plek gemaak vir kleiner koninkryke, soos Monomotapa, Butua en Rozvi. Ethiopie het swaargekry weens die inval in 1531 deur die naburige Moslemse Adal-sultanaat, en het in 1769 die "Eeu van Prinse" betree waartydens die keiser ’n skynhoof geword en die land deur krygshere regeer is, hoewel die koninklike lyn later onder keiser Tewodros II herstel is. Die Ajuran-sultanaat in die Horing van Afrika het in die 17de eeu begin agteruitgaan en is deur die Geledi-sultanaat vervang. Ander beskawings in Afrika het in dié tyd floreer. Die Ojoryk en Koninkryk Benin het hulle goue eeu beleef. Die Asjantiryk het vanaf 1670 magtiger geword in wat vandag Ghana is. Die Koninkryk Kongo het ook floreer.

In China het die Ming plek gemaak vir die Qing, die laaste Chinese keiserlike dinastie, wat tot in 1912 regeer het. Japan het sy Azuchi–Momoyama-tydperk 1568-1603 beleef, gevolg deur die Edo-tydperk 1603-1868. Die Koreaanse Joseon-dinastie 1392-1910 het deur dié tydperk regeer en in die 16de en 17de eeu invalle deur Japan en China suksesvol afgeweer. Japan en China is in dié tydperk aansienlik beïnvloed deur uitgebreide maritieme handel met Europa, veral die Portugese in Japan. In die Edo-tydperk het Japan beleide van isolasie gevolg om buitelandse invloede te verminder.

Op die Indiese subkontinent het die Mogolryk opgang gemaak en teen die laat 17de eeu het hulle oor die hele subkontinent regeer, buiten die heel suidelikste Indiese provinsies, wat onafhanklik gebly het. Die Maratharyk is in 1674 aan die weskus gestig en het oor verskeie dekades ’n groot grondgebied van hulle verower – die grootste deel van die hedendaagse Indie – veral tussen 1681 en 1701 in die Mogol-Maratha-oorloe. Die Maratharyk het in 1818 onder beheer van die Britse Oos-Indiese Kompanjie gekom, en alle voormalige Maratha- en Mogolgrondgebied het in 1858 Brits-Indie geword.

In 1511 het die Portugese die Malakka-sultanaat in die hedendaagse Maleisie en Indonesiese Soematra omvergewerp. Die Portugese het dié belangrike gebied – en die Straat van Malakka – beheer totdat Nederland hulle in 1641 verslaan het. Die Johor-sultanaat, wat op die suidelike punt van die Maleise Skiereiland gesentreer was, het die oorheersende handelsmag in die streek geword. Europese kolonialisme is uitgebrei deur die Nederlanders in Nederlands-Indie, die Portuguese in Oos-Timor en die Spanjaarde in die Filippyne. Tot in die 19de eeu het Europese kolonialisme die hele Suidoos-Asie geraak, met die Britte in Mianmar en Maleisie en die Franse in Indo-China. Net Thailand het kolonialisme afgeweer.

Die Pasifiese eilande van Oseanie is ook deur Europese kontak beïnvloed. Dit het begin met die wêreldreis van Ferdinand Magellan, wat in 1521 die Marianas en ander eilande aangedoen het. Ander noemenswaardige reise was dié van Abel Tasman tussen 1642 en 44 na die hedendaagse Australie, Nieu-Seeland en nabygelee eilande, en die reise van kaptein James Cook tussen 1768 en 1779; hy het die eerste aangetekende Europese kontak met Hawaii gemaak. Brittanje het in 1788 sy eerste kolonie in Australie gestig.

In die Amerikas het Wes-Europese magte die nuut ontdekte kontinente met ywer gekoloniseer, die inheemse volke verower en die gevorderde beskawings van die Asteke en Inka verwoes. Spanje, Portugal, Brittanje en Frankryk het groot dele opgeeis en talle mense daarheen laat verhuis, onder andere slawe uit Afrika. Portugal het op Brasilie beslag gelê en Spanje op die res van Suid-Amerika, Meso-Amerika en die suidelike Noord-Amerika. Brittanje het die ooskus van Noord-Amerika gekoloniseer en Frankryk die sentrale streek. Rusland het die noordweskus van Noord-Amerika verken en in 1784 ’n kolonie in die hedendaagse Alaska gestig en in 1812 ’n buitepos by Fort Ross in Kalifornie. In 1762, tydens die Sewejarige Oorlog, het Frankryk in die geheim die grootste deel van sy gebied in Noord-Amerika aan Spanje oorgedra kragtens die Verdrag van Fontainebleau. Dertien van die Britse kolonies het in 1776 hulle onafhanklikheid afgekondig as die Verenigde State van Amerika, en dit is in 1783 bekragtig met die Verdrag van Parys, wat ’n einde aan die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog gebring het. Napoleon Bonaparte het Frankryk se gebiede in 1800 in die Napoleontiese Oorloe van Spanje teruggewen, maar dit in 1803 aan die Verenigde State verkoop.

In Rusland is Iwan die Verskriklike in 1547 as die land se eerste tsaar gekroon. Deur die Turkse khanate in die ooste te annekseer het hy Rusland in ’n streekmag omskep. Die lande van Wes-Europa het, terwyl hulle steeds deur tegnologiese vooruitgang en koloniale oorwinnings uitgebrei het, ekonomies en militêr met mekaar meegeding in feitlik konstante oorloe. Dié het dikwels ’n godsdienstige dimensie gehad: óf Katoliek teen Protestants óf, hoofsaaklik in Oos-Europa, Christelik teen Moslems. Noemenswaardige oorloe sluit in die Dertigjarige Oorlog, die Spaanse Suksessie-oorlog, die Sewejarige Oorlog en die oorloe wat uit die Franse Rewolusie gespruit het. Napoleon het in 1799 in Frankryk aan die bewind gekom, ’n voorval wat die Napoleontiese Oorloe van die vroee 19de eeu voorafgegaan het.

                                     

4.5. Moderne geskiedenis 1750-1914

Die Wetenskapomwenteling het die mens se begrip van die wêreld verander en gelei tot die Nywerheidsrewolusie, ’n groot omwenteling in die wêreld se ekonomiee. Die Wetenskapomwenteling in die 17de eeu het nie onmiddellik ’n groot invloed op nywerheidstegnologie gehad nie; wetenskaplike vooruitgang is eers in die tweede helfte van die 18de eeu aansienlik op praktiese uitvindings toegepas. Die Nywerheidsomwenteling het in Groot-Brittanje begin en nuwe maniere van vervaardiging gebruik – fabrieke, massavervaardiging en meganisasie – om ’n groot verskeidenheid goedere vinniger en met minder arbeidskrag as vroeer te produseer. Die Verligting het ook gelei tot die begin van moderne demokrasiee in die laat 18de-eeuse Amerikaanse en Franse Rewolusie. Demokrasie en republikanisme sou ’n groot uitwerking op wêreldgebeure en lewensgehalte hê.

Nadat Europese magte beheer oor die Amerikas gekry het, het imperialisme verder versprei. Brittanje het beheer oor die Indiese subkontinent, Egipte en die Maleise Skiereiland gekry en Frankryk oor Indo-China, terwyl die Nederlanders hulle houvas op Nederlands-Indie verstewig het. Brittanje het ook Australie, Nieu-Seeland en Suid-Afrika gekoloniseer, met groot getalle Britse koloniste wat na dié kolonies geïmmigreer het. Rusland het groot dele van Siberie beset. In die laat 19de eeu het die Europese magte die oorblywende dele van Afrika verdeel. In Europa self het ekonomiese en militêre uitdagings ’n stelsel van nasiestate geskep, en etno-linguistiese groepe het hulleself as aparte nasies begin identifiseer, met ’n strewe na kulturele en politieke outonomie. Dié nasionalisme sou in die 20ste eeu vir volke dwarsoor die wêreld belangrik word.

Tydens die Tweede Nywerheidsomwenteling het die wêreldekonomie van steenkool as brandstof afhanklik geraak namate nuwe metodes van vervoer, soos treine en stoomskepe, die wêreld ast ware laat krimp het. Intussen het industriele besoedeling en skade aan die omgewing, wat sedert die ontdekking van vuur en die begin van beskawings teenwoordig is, drasties versnel.

                                     

4.6. Moderne geskiedenis 1914-1945

Aan die begin van die 20ste eeu het Europa ’n hoogtepunt van rykdom en mag beleef en ’n groot deel van die wêreld was regstreeks of onregstreeks onder sy koloniale beheer. ’n Groot deel van die res van die wêreld is beïnvloed deur geeuroperiseerde nasies: Amerika en Japan. Met die verloop van die eeu het groot spanning ontstaan in die stelsel wat deur mededingende magte oorheers is, en eindelik het meer onafhanklike nasies ontstaan wat op Westerse modelle geskoei was.

Dié verandering het oorloe van ongekende omvang en verwoesting tot gevolg gehad. Die Eerste Wêreldoorlog WOI het gelei tot die val van vier ryke – Oostenryk-Hongarye en die Duitse, Ottomaanse en Russiese Ryk – en die verswakking van Brittanje en Frankryk.

In die naloop van die oorlog het kragtige ideologiee ontstaan. Die Russiese Rewolusie het gelei tot die stigting van die eerste kommunistiese staat in 1917, terwyl militaristiese fascistiese diktatorskappe in die 1920s en 30s die bewind in Italie, Duitsland, Spanje en elders oorgeneem het.

Voortdurende nasionale wedywering, wat vererger is deur die ekonomiese beroering van die Groot Depressie, het help lei tot die Tweede Wêreldoorlog WOII. Die militaristiese diktatorskappe van Europa en Japan het ’n eindelik gedoemde pad van imperialistiese uitbreiding gevolg, waartydens Nazi-Duitsland die moord op 6 miljoen Jode in die Holocaust bewerkstellig en Japan miljoene Chinese uitgemoor het.

Die neerlaag van die Spilmoondhede in WOII het die weg geopen vir die uitbreiding van kommunisme na Sentraal-Europa, Joegoslawie, Bulgarye, Roemenie, Albanie, China, Noord-Vietnam en Noord-Korea.

                                     

4.7. Moderne geskiedenis 1945-2000

Nadat WOII in 1945 geeindig het, is die Verenigde Nasies gestig in die hoop dat toekomstige oorloe voorkom kon word, nes die Volkebond ná WOI gestig is. In die naloop van die oorlog het twee lande, die VSA en Sowjetunie, die meeste invloed in internasionale sake gehad. Hulle het mekaar gewantrou en ’n wêreldwye uitbreiding van die ander se politieke-ekonomiese model, onderskeidelik kapitalisme en kommunisme, gevrees. Dit het gelei tot die Koue Oorlog, ’n 45 jaar lange dooie punt en wapenwedloop tussen die VSA en sy bondgenote aan die een kant en die Sowjetunie en sy bondgenote aan die ander.

Met die ontwikkeling van kernwapens in WOII en die vermeerdering van dié wapens daarna is die hele mensdom in gevaar gestel deur ’n moontlike kernoorlog tussen die twee supermoondhede. Daar is baie gevalle van waar dit amper gebeur het, waarvan die belangrikste die Kubaanse Missielkrisis van Oktober 1962 was. Omdat so ’n oorlog as onprakties beskou is, het die twee lande ’n niekernstryd in sogenaamde Derdewêreldlande voortgesit.

In China het Mao Zedong hervormings vir industrialisasie en kollektivisme ingestel as deel van die Groot Sprong Voorwaarts 1958-1962. Dit het gelei tot die Groot Chinese Hongersnood 1959-1961 en die dood van dermiljoene mense.

Tussen 1969 en 1972, as deel van die Koue Oorlog se ruimtewedloop, het 12 mans op die maan geland en veilig na die aarde teruggekeer. Die Koue Oorlog het in 1991 geeindig ná die verbrokkeling van die Sowjetunie, deels vanwee laasgenoemde se onvermoe om op ekonomiese gebied met Amerika en Wes-Europa mee te ding. Terselfdertyd het die VSA egter ook tekens van ’n magsafname in sy geopolitieke invloed getoon.

In die vroee dekades ná WOII het Wes-Europa se kolonies in Asie en Afrika formeel onafhanklik geraak. Hierdie nuwe onafhanklike lande word egter dikwels geteister deur neokolonialisme, sosiaal-politieke wanorde, armoede, ongeletterdheid en endemiese tropiese siektes.

Die meeste Wes- en Sentraal-Europese lande het geleidelik ’n politieke en ekonomiese gemeenskap, die Europese Unie, gestig wat ooswaarts uitgebrei het en nou ook voormalige Sowjetse satellietstate insluit. Lande in Asie, Afrika en Suid-Amerika het hulle voorbeeld gevolg en stappe begin doen om hulle eie streekunies te stig.

Voorbereiding tydens die Koue Oorlog om ’n derde wêreldoorlog te voorkom, het gelei tot tegnologie soos straalvliegtuie, vuurpyle en elektroniese rekenaars. In die dekades ná WOII het dit gelei tot stralervlugte, kunsmatige satelliete, GPS en die internet – uitvindsels wat die beweging van mense, idees en inligting gerewolusioneer het.

Ook op ander gebiede is groot vordering gemaak met grondverskuiwende ontwikkelings soos die ontdekking van die struktuur van DNS, die daaropvolgende bepaling van die samestelling van die menslike genoom, die wêreldwye uitroeiing van pokke, die ontdekking van plaattektoniek, die bemande en onbemande verkenning van die ruimte en voorheen onbereikbare dele van die aarde, asook ontdekkings in fisika wat wissel van dié van die kleinste deetjies in deeltjiefisika tot dié van reusevoorwerpe in kosmologie.

                                     

4.8. Moderne geskiedenis 21ste eeu

Die 21ste eeu word gekenmerk deur toenemende ekonomiese globalisasie en integrasie, met ’n groter risiko van intergekoppelde ekonomiee, soos bewys is deur die Groot Resessie van die laat 2000s en vroee 2010s. In dié tydperk was daar ook ’n uitbreiding van kommunikasie deur middel van selfone en die internet, wat gelei het tot fundamentele veranderings in sake, politiek en mense se individuele lewe.

Wêreldwye mededinging om hulpbronne het gelei tot groter bevolkings en industrialisasie, veral in Indie, China en Brasilie. Die groter aanvraag dra by tot die agteruitgang van die omgewing en aardverwarming.

Internasionale spanning is verhoog deur pogings van sommige state met kernwapens om Noord-Korea te oorreed om sy kernwapens prys te gee en om Iran te keer om dié wapens te ontwikkel.

In 2020 het die Covid-19-pandemie die eerste pandemie in die 21ste eeu geword wat internasionale handel aansienlik ontwrig en resessies in die wêreldekonomie teweeggebring het.

                                     

5. Skakels

  • Landes, David Spring 2006. "Why Europe and the West? Why Not China?". Journal of Economic Perspectives. 20 2: 3–22. doi: 10.1257/jep.20.2.3.
  • Friedman, Thomas L. 2007. The World is Flat: A Brief History of the Twenty-First Century Further Updated and Expanded uitg. New York: Picador. ISBN 978-0-312-42507-4.
  • McNeill, William H. 1963. The Rise of the West: A History of the Human Community. Chicago, IL: University of Chicago Press.
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wêreldgeskiedenis.
  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
                                     
  • na een van die volgende verwys: Geskiedenis as n vakgebied. Die wêreldgeskiedenis die geskiedenis van die wêreld en mensdom. Die geskiedenis van die
  • aspekte van die antieke Griekse en Romeinse samelewings en antieke wêreldgeskiedenis Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Michael Scott.
  • Vir die algemene geskiedenis van die wêreld en die mensdom, sien Wêreldgeskiedenis Vir die volledige geskiedenis van die aarde, sien Geskiedenis van
  • sterkste lande ter wêreld beskou word. n Supermoondheid is in staat om wêreldgeskiedenis in n meerdere of mindere mate te beïnvloed. Deur die eeue was daar
  • geskiedenisstudie geskryf vanaf 1934 tot 1961. Die studie was n sintese van die wêreldgeskiedenis n meta - geskiedenis, gebaseer op universele patrone van opkoms, bloei
  • van keisers geregeer is. Dit was een van die grootste ryke in die wêreldgeskiedenis en die bevolking het gegroei tot n geskatte 50 tot 90 miljoen. Gebiede
  • revolusies, politieke demografie en die Opkoms van die Weste in die wêreldgeskiedenis Hy is n outeur of redakteur van 13 boeke en meer as 150 navorsingsartikels
  • word die Nazi - regime met een van die donkerste tydperke van die wêreldgeskiedenis vereenselwig. Die slagoffers van sy massaslagtings het naas Joodse
  • altyd op die periferie. Dit het dus n redelike beskeie rol in die wêreldgeskiedenis gespeel. Die Japanese beskawing is in n vroeë stadium diep beïnvloed
  • nie net Suid - Afrikaanse onderwerpe nie, maar ook gebeure uit die wêreldgeskiedenis en dit kon as die volk se universiteit beskou word. Eugène Marais