ⓘ IUBN-rooilys

Gladiolus subcaeruleus

Gladiolus subcaeruleus is n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die plant is inheems aan die Wes-Kaap en kom voor van Caledon tot Bredasdorp. Die plant het egter reeds 80% van sy habitat afgestaan aan graanboerdery. Die meeste van die bestaande populasie kom voor in die Riviersonderendberge en Shaw se berg. Hier word hulle bedreig deur indringerplante.

Gladiolus rufomarginatus

Gladiolus rufomarginatus is n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort. Die plant is inheems aan Mpumalanga en kom van Lydenburg tot by Ohrigstad voor. Dit word beskou as raar.

Gladiolus salteri

Gladiolus salteri is n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort. Die plant is inheems aan die Noord-Kaap en kom by Springbok voor. Die plant het n voorkoms gebied van 250 km 2 en word glad nie bedrieg nie. Die plant word beskou as raar.

Gladiolus saundersii

Gladiolus saundersii is n meerjarige plant wat tot die genus Gladiolus behoort. Die plant is inheems aan die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en Lesotho.

                                     

ⓘ IUBN-rooilys

Die IUBN-rooilys van bedreigde spesies wat in 1963 geskep is, is die wêreld se mees omvattende inligtingsbron van die wêreldwye bewaringstatus van plant- en dierspesies. Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur is die wêreldgesag aangaande bewaringstatus.

Die lys is opgestel met presiese kriteria om die uitsterwingsrisiko van duisende spesies en subspesies te evalueer. Hierdie kriteria is relevant tot alle spesies en alle gebiede van die wêreld. Die mikpunt is om die dringendheid van bewaring oor te dra aan die publiek en beleidskeppers, so wel as die internasionale gemeenskap, om die uitwissing van spesies te probeer verhoed.

                                     

1. Kategoriee

  • Kritiek bedreig - n Takson is kritiek bedreig as die beste beskikbare getuienis daarop dui dat hul oorlewing kwaai deur sekere faktore bedreig word en dat hulle n baie hoe risiko loop om in die natuur uit te sterf.
  • Nie geevalueer nie - n takson se status is nie geevalueer nie as sy omstandighede nog nie vir bedreiging beoordeel is nie.
  • Uitgestorwe - n Takson is uitgestorwe as daar geen redelike twyfel bestaan dat die laaste lede gesterf het nie.
  • Van beskerming afhanklik is ’n ouer kategorie wat sedert 2001 nie meer bestaan nie. Spesies in dié kategorie val nou in die byna-bedreigde groep.
  • Uitgestorwe in die wildernis - n Takson is uitgestorwe in die wildernis as alle oorblywende lede sover bekend in aanhouding is of buite hul historiese habitat aangetref word.
  • Lae risiko/veilig - n Takson val in dié kategorie as sy omstandighede beoordeel is, maar dit nie kwalifiseer vir die groepe Kritiek bedreig, Bedreig of Kwesbaar nie. Dit is taksa wat algemeen en volop voorkom.
  • Onseker/onbepaald - n Takson se data is gebrekkig en daar is nie voldoende data om n direkte of indirekte beoordeling van die spesie se oorlewingsrisiko te maak nie.
  • Bedreig - n Takson is bedreig as die beste beskikbare getuienis daarop dui dat dit aan enige van die kriteria vir bedreiging voldoen en daarom n hoe risiko loop om in die natuur uit te sterf.
  • Byna bedreig - n Takson is byna bedreig as dit gevaar loop om in die nabye toekoms uit te sterf, maar die gevaar nie groot genoeg is dat dit reeds as Kritiek bedreig, Bedreig of Kwesbaar geklassifiseer moet word nie.
  • Kwesbaar - n Takson is kwesbaar as die beste beskikbare getuienis daarop dui dat dit aan enige van die kriteria vir kwesbaarheid voldoen en daarom n risiko loop om in die natuur uit te sterf.
                                     
  • die IUBN - kategorieë vir beskermdegebiedsbestuur die IUBN - rooilys van bedreigde spesies Die IUBN - webtuiste URL besoek op 1 Mei 2008 Hierdie artikel is
  • n Byna - bedreigde spesie is n spesie op die IUBN - rooilys die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van
  • n Veilige spesie is n kategorie op die IUBN - rooilys die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus
  • Die SANBI - rooilys van Suid - Afrikaanse plante wat in 2010 geskep is, is die mees omvattende inligtingsbron van die bewaringstatus van Suid - Afrika se flora
  • n Kritiek bedreigde spesie is n spesie wat op die IUBN - rooilys die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys
  • Antelope Specialist Group 2008. Alcelaphus buselaphus ssp. cokii. In: IUBN 2010. IUBN - rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.4. www.iucnredlist.org Afgelaai
  • nie bedreig op die IUBN - rooilys Wikispecies het meer inligting oor: Lophoceros hemprichii Lophoceros hemprichii IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies
  • hierdie boom een van die eerste wat die graslande koloniseer. Op die IUBN - rooilys word dit steeds as veilig gelys. Die blomme is rooi tot karmosynkleurig
  • dat dit gaan uitsterf. Daarom kom die dier voor op die rooilys van bedreigde spesies IUBN - rooilys Die opvallendste kenmerk van die oewerkonyn is die
  • n Kwesbare spesie is n spesie wat op die IUBN - rooilys die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus