ⓘ Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur

                                     

ⓘ Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur

Die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne is n internasionale organisasie wat hom toewy aan die bewaring van natuurlike hulpbronne.

Dit is in 1948 gestig, en die hoofkwartier is in die Meer van Genève-gebied in Gland, Switserland. Die IUBN verteenwoordig 83 state, 108 regeringsorganisasies, 766 nie-regeringsorganisasies en 81 internasionale organisasies en betrek byna 10 000 kenners en wetenskaplikes van lande dwarsoor die wêreld.

                                     

1. Sleutelprodukte en -bydraes

As deel van die IUBN se sleutelprodukte en -dienste is die volgende lyste geskep en word dit voortdurend onderhou en gemonitor:

  • die IUBN-rooilys van bedreigde spesies
  • die IUBN-kategoriee vir beskermdegebiedsbestuur