ⓘ Nok-kultuur

                                     

ⓘ Nok-kultuur

Die Nok-kultuur was n beskawing wat tussen 400 v.C. en 200 n.C. in die sentrale deel van die huidige Nigerie bestaan het. Dit is teenswoordig veral bekend om sy terracottabeeldjies met versamelaarswaarde.

Die Nok-mense het in hul gevestigde samelewing n redelik hoe ontwikkelingspeil bereik en is die vroegste bewys van n georganiseerde samelewing in Afrika suid van die Sahara. Hulle het in dorpies gewoon, landbou en veeteelt beoefen en klipwerktuie gebruik. Van ongeveer 500 v.C. af het die mense die bewerking van yster baasgeraak en wapens, plaasgereedskap en juweliersware begin maak. Uit hierdie gebied het die vaardigheid suidwaarts in Afrika versprei.

Die ongeglasuurde erdeware met n bruinrooi kleur word beskou as die eerste kunswerke wat die suidelike deel van Afrika opgelewer het en word aanvaar as die bewys van die gevorderde kultuur se bestaan. Die bors- en standbeelde is hol en beeld gewoonlik mense uit wat sierade dra, maar ook beelde van diere en plante kom voor. Wat die doel van die beelde was, is onbekend. Waarskynlik het die beelde grafte aangedui of is dit gebruik as talismans in rituele seremonies by geboortes, troues en begrafnisse om die betrokkenes teen onheile soos misoeste, onvrugbaarheid en siektes te beskerm.

                                     
  • eienskap van die huisies is dat hulle geen mure het nie. Die dak gaan van die nok tot op die grond. n A - raam - huis is n moderne weergawe van hierdie boustyl
  • gebruik in verwysings na vroeë kulture wat yster bewerk het, soos die Nok - kultuur van Nigerië. Die drietydperkstelsel is in die eerste helfte van die 19de
  • inwoners langs die middel - dele van die Nigerrivier by Timboektoe gebly het. Die Nok - beskawing van Noord - Nigerië het tussen 500 v.C. en 200 n.C. gefloreer en
  • bestemming vir buitelandse beleggings in dié Skandinawiese land. Met 750 000 NOK of 75 120  per capita in 2005 drie keer so hoog soos die gemiddelde van
  • van NOK 2 008 miljoen gehad, toerisme NOK 317 miljoen en navorsing NOK 142 miljoen. In 2006 was die gemiddelde inkome vir ekonomies aktiewe mense NOK 494 700
  • het in 2005 meer as drie miljard NOK beloop n bedrag wat gelykgestaan het aan die totale Noorse besteding aan kultuur Die eerste gereelde radioprogram
  • die jare tussen 1948 en 1951 ekonomiese bystand ter waarde van 2, 5 miljard NOK ontvang. Ten opsigte van sy buitelandse beleid het Noorweë daarna gestrewe