ⓘ Fantasie

                                     

ⓘ Fantasie

Fantasie in ’n sielkundige sin verwys na iets wat die teenoorgestelde is van realiteit. ’n Fantasie is ’n situasie wat deur ’n individu verbeel word om sekere begeertes uit te druk. Die situasies is dikwels hoogs onwaarskynlik; maar dit kan ook realisties wees. Fantasiee kan ook ’n seksuele aard hê.

’n Fantasie kan ook ’n dagdroom genoem word. In die alledaagse lewe dink mense dikwels aan iets wat hulle wens hulle kan doen of kon gedoen het, iets wat soms onmoontlik in die werklike lewe is. Dit kan ook ’n afweermeganisme wees om negatiewe emosies teen te werk of verveling te verdryf.

Fantaseer kan ook belangrik wees, want dit is ’n manier om te leer, of om te begryp hoe die wêreld in mekaar steek. Dit is dus vir baie mense ’n belangrike bron van inspirasie. Sommige navorsers meen fantasie kan ’n helende effek hê of dat mense wat die mees ontwikkelde fantasielewe het, dikwels dié is wat op die skeppendste manier daaraan kan uiting gee in kuns, letterkunde of meer tradisionele beroepe.

Te veel fantasiee kan iemand se alledaagse bestaan negatief beïnvloed. Buitensporige fantasiee kan ook ’n teken van narsisme wees.

                                     
  • chroomgeel, dus nie in die natuur gevind nie en die verwysing na sinabar is fantasie Volgens verskeie kleurskemas word Sinabargroen as volg voorgestel: Lys
  • Boekdrukkery is in 2011 gestig met die doel om Afrikaanse wetenskapfiksie en fantasie - boeke vir volwassenes te publiseer en te bevorder. Hulle het verskeie Afrikaanse
  • Januarie 1892 2 September 1973 was n Engelse skrywer wat veral met sy hoë fantasie romantrilogie The Lord of the Rings bekendheid verwerf het. Sy pa, Arthur
  • fiksie Alternatiewe geskiedenis Fantasie vir meer detail sien Fantasie subgenres, Fantasieliteratuur Epiese fantasie Wetenskapsfantasie Stoompoen
  • mineur, Op. 23 Fantasie Orientale, Op. 24 Wariacje na Temat Własnego Mazurka c. 1847 Aria met Variasies in E majeur voor 1848 Fantasie Variasies in
  • het n sterk geestelike inslag en val onder die Christelike - fantasie sub - genre van fantasie Hy is egter n selferkende ateïs. Quintin Ellis is op 8 September
  • ongewenste gebeurtenis betref. Met valse hoop is die verwagting geheel en al op fantasie gebaseer, of op n gebeurtenis met n weglaatbaar kans om waar te word
  • bekendheid geniet het. Bosch is vandag veral bekend vir sy ongeëwenaarde fantasie en die talle drogwesens en grillerige monsters wat daar in sy skilderye
  • Oliver Stone se Viëtnamoorlogsprent Platoon 1986 die donker romantiese fantasie Edward Scissorhands 1990 die drama oor n disfunksionele gesin What s
  • gebruik het, was sy uitgebreide kennis van n verskeidenheid velde, sy fantasie sensitiwiteit en empatie, sy presiese en algemeen toeganklike skryfstyl
  • Michail Glinka se opera Een leven voor de tsaar fantasie vir klavier 2de vers van die fantasie op tema s van Glinka 1854 - 1855, hers. 1899 Scherzo
  • Die oorgang tussen sogenaamde stedelike urban fantasy en kontemporêre fantasie contemporary fantasy is dikwels vloeiend. Die eersgenoemde speel in elk