ⓘ Tzaneen

                                     

ⓘ Tzaneen

Tzaneen is n dorp gelee in die Mopani-distrik van die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika. Die omliggende gebied leen homself tot die kweek van gewasse soos piesangs, sitrus, mangos, lietsjies en avokados; alles te danke aan die hoe reenval en subtropiese klimaat.

                                     

1. Geskiedenis

Die dorp het in 1903 ontstaan toe die koloniale regering van Transvaal n proef- en navorsingstasie vir tropiese en sub-tropiese vrugte op 3 000 ha gestig het. Dit het tabak ingesluit. Die navorsingstasie was n groot sukses. Die grond is in 1916 prysgegee en aan boere toegeken. Die nuwe dorpsgebied is in 1919 uitgelê.

Die naam Tzaneen is waarskynlik afkomstig van die Sotho-woord tsana, wat letterlik mandjie beteken, verwysend na die feit dat die dorp in n "mandjie van heuwels" lê. Die spoorlyn vanaf Kaapmuiden het die dorp in 1912 bereik.

                                     

2. Distrik

Die dorp is deel van die Mopani-landboudistrik wat 20 011 km 2 groot is. Die eerste tee is in 1969 gepluk. Die Siegfried Annecke-navorsingsinstituut vir bilharzia is in die dorp.

                                     

3. Klimaat

Meestal sonskynweer, lang somersdae met aangename winters. Tzaneen se subtropiese klimaat bied meer geskikte weer vir digte woude hoe somerreenval as die doringbosveld bo die platorand en verder na die ooste. Die somermaande, September – Maart, het n gemiddelde temperatuur van 28 °C 82 °F en wintermaande ongeveer 16 °C 60 °F. Reenvalgemiddeldes is ongeveer 880 mm per jaar in die dorp tot meer as 1 500 mm per jaar in die berge.

                                     

4. Landbou

Tzaneen produseer sowat 40% van Suid-Afrika se avokados, 40% van Suid-Afrika se mangos en 20% van Suid-Afrika se piesangs. Tzaneen produseer ook 90% van Suid-Afrika se tamaties op die ZZ2 en ander plase wat Suid-Afrika die 40ste grootste tamatieprodusent ter wêreld maak. Al is Suid-Afrika slegs 40ste in terme van tamatieproduksie, is die ZZ2-plase self die wêreld se grootste produsent van tamaties.

Tzaneen is ook die grootste produsent van denneplantasies in die Limpopoprovinsie, wat verantwoordelik is vir meer as 85% van Limpopo se denne- en bloekomproduksie. Die meerderheid van Tzaneen se tropiese inheemse woude is gedurende die laaste 100 jaar vernietig om plek te maak vir denne-, bloekom- en ander landbouplantasies.

Die ekonomie van Tzaneen hang grootliks van die boerdery met vrugte, groente, diere en hout af. Landbou was die sleutelontwikkeling in die opkoms van Tzaneen, waarvolgens boerdery van gematigde spesies voedseloorskotte geskep het wat die ontwikkeling daarvan bevorder het.

n Wye verskeidenheid vrugte word in die Tzaneenomgewing verbou, veral mangos, piesangs, lemoene, tamaties en avokados. Pynappel- en bloekomplantasies is ook algemeen in die omgewing rondom Modjadjiskloof, Magoebaskloof en Haenertsburg. Die plantasies verskaf hout aan n aantal saagmeulens in die omgewing.



                                     

5. Toerisme

Toerisme speel n belangrike rol in Tzaneen se ekonomie, saam met landboubesigheid. Tzaneen bied wonderlike land- en dorpsverblyf aan besoekers. Daar is baie toeriste-aantreklikhede rondom die dorp Tzaneen, waaronder die pragtige Tzaneendam, Magoebaskloof, Haenertsburg en Wolkberg.

Die dorp is ook naby aan n aantal wildreservate gelee en die dorp dien dikwels as n deurgang vir toeriste op pad na ander toeristebestemmings in die provinsie. Die bekende Krugerwildtuin is ongeveer 100 km na die ooste gelee. Die Vervet Monkey Foundation is net buite Tzaneen, waar daar meer as 600 blouape onderhou word.

                                     
  • Tzaneen - lughawe IATA - kode: LTA, ICAO: FATZ is n klein lughawe naby Tzaneen in Limpopoprovinsie, Suid - Afrika. Die lughawe beskik oor een geteerde aanloopbaan
  • Die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Mopani - distriksmunisipaliteit in Limpopo, Suid - Afrika. adrianfrith
  • Limpopoprovinsie, Suid - Afrika. Dit lê 18 km oos - suidoos van Tzaneen in die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit van die Mopani - distriksmunisipaliteit
  • die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani - distriksmunisipaliteit ressorteer. Dit lê ongeveer 25 km suidoos van Tzaneen Lys van dorpe
  • Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani - distriksmunisipaliteit ressorteer. Dit lê in die berge ongeveer 30 km suid van Tzaneen Lys van
  • die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani - distriksmunisipaliteit ressorteer. Dit lê ongeveer 25 km suidoos van Tzaneen aan die R36 - streekspad
  • die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit wat onder die Mopani - distriksmunisipaliteit ressorteer. Dit is ongeveer 20 km suidoos van Tzaneen langs die
  • 24 km noord van die groot dorp Tzaneen Die dorp het ontwikkel rondom die spoorweghalte nadat die spoorlyn tussen Tzaneen en Soekmekaar die dorp in 1914
  • het Laeveld 365 belydende en 97 dooplidmate gehad. Buiten die hoofdorp, Tzaneen sluit die gemeentegrense ook Giyani, Haenertsburg, Letsitele, Modjadjiskloof
  • Suid - Afrika wat Polokwane verbind met die Krugerwildtuin via die dorpe Tzaneen en Phalaborwa. Die R71 word daagliks deur persone gebruik wat woon of werk