ⓘ Hieronymus Bosch

                                     

ⓘ Hieronymus Bosch

Hieronymus Bosch was een van die bekendste Nederlandse skilders uit die Laat Middeleeue. Hy het geleef en gewerk in n tyd toe die Christendom aan die vooraand van die Hervorming was. Sy werk is in hoe mate ’n weerspieeling van die Laat-Middeleeuse denke en kan gesien word as n pessimistiese uitkyk op die mens wat weens sonde en dwaasheid ten gronde gaan.

Hieronymus Bosch, soms ook Jeroen genoem, is in 1453 in ’s-Hertogenbosch gebore. Hy het sy hele lewe lank in dié stad as skilder gewerk en is ook in 1516 daar dood. Uit die min gegewens wat daar oor sy lewe bekend is, blyk dit dat hy gedurende sy leeftyd selfs buite hierdie provinsiale stad groot bekendheid geniet het.

Bosch is vandag veral bekend vir sy ongeewenaarde fantasie en die talle drogwesens en grillerige monsters wat daar in sy skilderye voorkom. Hy het geleef in n tyd van politieke en godsdienstige woelinge. Die Kerk was besig met die deurvoering van talle Hervormingsmaatreels, en in die Lae Lande het dit hewige botsings en krisistye veroorsaak.

Met sy ryk, beeldende fantasie het Bosch die heersende spanninge op sy doeke vertolk. Met sy kwas het hy die dwaasheid en swakheid van die mens, wat besig was om weens sy sonde ten gronde te gaan, uitgebeeld. Die meeste van sy skilderye het sterk godsdienstige temas gehad. Dit is onbekend of Bosch enige leerlinge gehad het, maar gedurende die hele 16e eeu is sy werk gekopieer en nagevolg. Die Surrealiste het Bosch as n direkte voorloper van dié rigting gesien.

Hoewel die ooreenkoms met hulle werk slegs uiterlik was, verklaar dit tog Bosch se hedendaagse gewildheid. Van Bosch se belangrikste werke word onder andere in museums in Madrid, Lissabon, Venesie, Rotterdam en Gent bewaar. In die beroemde Prado-museum in Madrid hang die baie bekende drieluik Tuin van Wellus en Die Versoeking van die Heilige Antonius.

                                     

1. Verdere leesstof

  • en Ilsink, Matthijs; Koldeweij, Jos 2016. Hieronymus Bosch: Painter and Draughtsman – Catalogue raisonné. Yale University Press. p. 504. ISBN 978-0-300-22014-8.
                                     
  • November Giovanni Bellini, Italiaanse skilder 1430 Onbekend Hieronymus Bosch Nederlandse skilder circa 1450 Onbekend Giovanni Antonio Boltraffio
  • Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger 1510 Onbekend Hieronymus Bosch Nederlandse skilder 1516 Onbekend Pietro Perugino, Italiaanse
  • voor Schone Kunsten MSK in die Citadelpark met skilderye van Hieronymus Bosch Jeroen Bosch Theodore Gericault, James Ensor en Ernst Ludwig Kirchner.
  • Alvise Vivarini, en Giuseppe Zais. Hieronymus Bosch Gekruisigde Martelaar - triptiek, 104 x 119 cm Hieronymus Bosch Hermit Saints Triptych, 86 x 120 cm
  • bergheiligdom in die Libanon - en die Anti - Libanonbergreeks. Gibson, Walter S. Hieronymus Bosch New York: Hudson, 1973. bl. 26. ISBN 0 - 500 - 20134 - X Metzger, Bruce
  • Nasionale Kunsgalery, Washington, D.C. Aanbidding deur die Wyses, Hieronymus Bosch Museo del Prado, Madrid Aanbidding deur die Wyses van 1475, Botticelli:
  • en die Christelike is ook n deurlopende tema. Die openingsgedig, hieronymus bosch se koringwa stel reeds die tematiek van die bundel voor en inisieer
  • Antwerpen, 1581 Antwerpen, 1632 Francken, Hieronymus I Antwerpen, 1540 Antwerpen, 1610 Francken, Hieronymus II Antwerpen, 1578 Antwerpen, 1623 Francken
  • Den Haag 1931 Zwiers, Piet Meppel 1907 - Meppel 1965 Nederland Hieronymus Bosch Rembrandt van Rijn Vincent van Gogh Pieter Kooistra Rijksbureau vir