ⓘ Begraafplaas H-kultuur

                                     

ⓘ Begraafplaas H-kultuur

Die Begraafplaas H-kultuur was ’n Bronstydperk-kultuur in Pandjab, Noordwes-Indie, van omstreeks 1900 v.C. tot omstreeks 1300 v.C. Dit word verbind met beide die laat fase van die Indusvalleibeskawing en die Indo-Ariese migrasies.

                                     

1. Oorsprong

Die Begraafplaas H-kultuur was in en om die Pandjab-streek in die moderne Indie en Pakistan gelee. Dit is genoem na ’n begraafplaas wat in "gebied H" by Harappa ontdek is. Oorblyfsels van die kultuur dateer van omstreeks 1900 v.C. tot omstreeks 1300 v.C.

Volgens Rafique Mughal het die kultuur omstreeks 1700 v.C. uit die noordelike deel van die Indusvalleibeskawing ontstaan. Dit was deel van die Pandjab-fase, een van drie kulturele fases wat in die Lokalisasie- of Laat Harappa-tydperk van die Indusvalleitradisie ontwikkel het. Volgens Kenoyer het die Begraafplaas H-kultuur "dalk net ’n verandering in die fokus van nedersettingsorganisasie weerspieel van dit wat die patroon was tydens die vroeere Harappafase – en nie kulturele, diskontinuïteit, stedelike agteruitgang, invallende volke of die verlating van die terrein, wat alles al in die verlede voorgestel is, nie." Volgens Kennedy en Mallory & Adams toon die kultuur ook "duidelike biologiese ooreenkomste" met die vroeere bevolking van Harappa.

Sommige eienskappe van die Begraafplaas H-kultuur is al verbind aan die Swatkultuur, wat beskou is as bewys van die Indo-Ariese beweging in die rigting van die Indiese subkontinent. Volgens Parpola verteenwoordig die Begraafplaas H-kultuur ’n eerste golf van Indo-Ariese migrasie van so vroeg as 1900 v.C., wat gevolg is deur ’n migrasie na Pandjab omstreeks 1700-1400 v.C. Kochhar meen die Swat IV het die Begraafplaas H-fase in Harappa help ontwikkel 2000-1800 v.C., terwyl die Rigvediese Indo-Ariers van Swat V later die Begraafplaas H-mense geabsorbeer het en aanleiding gegee het tot die Geverfdegryswarekultuur tot 1400 v.C.

Saam met die Gandhara-grafkultuur en die Okerpotkultuur word die Begraafplaas H-kultuur deur sommige geleerdes beskou as ’n faktor in die vorming van die Vediese beskawing.

                                     
  • as die Begraafplaas H - kultuur Terselfdertyd het die Okerpotkultuur uitgebrei van Rajasthan tot op die Gangesvlakte. Die Begraafplaas H - kultuur het die
  • vereenvoudigde Chinees: 四旧, tradisionele Chinees: 四舊, sì jiù was ou gebruike, kultuur gewoontes en idees in die Volksrepubliek China. Een van die doelwitte
  • Suider - Afrika. Benewens die kenmerkende Kaapse Kleurling - en Kaapse Maleier - kultuur wat in die Wes - Kaap ontwikkel het, kom bruin mense ook in ander dele van
  • Waterval - begraafplaas in Midrand in 2006 geopen het, was dit die eerste nuwe begraafplaas in die Goudstad in byna n kwarteeu. Die begraafplaas bied met
  • gereël en later ook toegesien dat die grafte in stand gehou word. In die begraafplaas by Diyatalawa is 131 Boere begrawe en op Sint Helena 146 uit die nagenoeg
  • van die Unie van Suid - Afrika, dr. E.G. Jansen. Haar grafskrif in die begraafplaas in Centurion lui: Gelowend in God het sy haar volk met eer gedien.
  • sowat 30 150 jaar oud. Předmostí Dit was moontlik n leefarea met n begraafplaas van sowat 20 skelette, 15 volledig en dele van die ander vyf. Dit lyk
  • ongeveer 4800 tot 4300 vC het die Merimde - kultuur Merimde Beni - Salame in Neder - Egipte gefloreer. Hierdie kultuur het onder andere skakels met die Levant
  • brutale onderdrukking deur Sowjet - magte en is na n Russiese militêre begraafplaas verskuif. Op 9 Desember 2010 het Estland by die OESO aangesluit. Kersti
  • Cioran is aan Alzheimersiekte dood en is begrawe by die Montparnasse - begraafplaas Cioran het n gebrek aan belangstelling in die konvensionele filosofie
  • Tom Naudé. Kruger is op 16 Desember 1904 in die Heldeakker van die Ou Begraafplaas in Kerkstraat - Wes begrawe. Op die graf staan n borsbeeld van Kruger