ⓘ Johnny Depp

                                     

ⓘ Johnny Depp

John Christopher Johnny Depp II is ’n Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant wat al onder meer die Golden Globe vir beste akteur gewen het.

                                     

1. Loopbaan

Depp word beskou as een van die beste akteurs ter wêreld. Hy het in die 1980s bekend geraak in die televisiereeks 21 Jump Street en ’n tiener-idool geword. Sedertdien het hy uitdagende rolle aanvaar – onder meer in Oliver Stone se Vietnamoorlogsprent Platoon 1986, die donker romantiese fantasie Edward Scissorhands 1990, die drama oor ’n disfunksionele gesin Whats Eating Gilbert Grape 1993, saam met ’n jong Leonardo DiCaprio, die biografiese prent Ed Wood 1994 en die misdaaddrama Donnie Brasco 1997.

Hy het ook sukses behaal in die fantasie-avontuurprent Sleepy Hollow 1999, die fantasieprent Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl 2003 en sy opvolge, die musiekavontuurfliek Charlie and the Chocolate Factory 2005, die semibiografie Finding Neverland, die fantasieprent Alice in Wonderland 2010 en as die stem van die titelkarakter in die animasie-aksiekomedie-western Rango 2011.

Depp is vir verskeie rolprentpryse benoem, onder meer drie Oscars. Hy het ’n Golden Globe gewen vir Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street 2007 asook ’n Screen Actors Guild Award vir Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl. Die Guinness World Records het hom in 2012 gelys as die akteur wat die meeste verdien $75 miljoen.

In 1999 het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry en in 2015 het hy ’n "Disney Legend" geword.

                                     
  • Sy vertolking van die rol van die verstandelik gestremde broer van Johnny Depp in die titelrol het hom nominasies vir die Golden Globe en Academy - toekennings
  • vervaardig deur Johnny Depp In Junie 2016, het aktrise Amber Heard Stanhope gedagvaar vir sy lasterlik eis dat sy haar ex - man Johnny Depp afpers. Heard
  • Reflections on a Classic 2016: Black Mass: Deepest Cover, Darkest Crime 2016: Johnny Depp Becoming Whitey Bulger 2018: A Journey of the Soul: The Making of Hostiles
  • J. Fox, Kanadees - Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer. 1963 Johnny Depp Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant. 1964 Gloria
  • Chinese akteur 22 Mei Jolande Sap, Nederlandse politikus. 9 Junie Johnny Depp Amerikaanse akteur, rolprentvervaardiger en musikant. 10 Junie Jeanne
  • media getrek met haar persoonlike lewe, onder meer haar verhouding met Johnny Depp in die vroeë 1990 s en haar inhegtenisneming in 2001 vir winkeldiefstal
  • oorspronklik in Engels, en Johnny Depp sou die rol van Bauby vertolk. Volgens die draaiboekskrywer Ronald Harwood het Depp die vervaardigers aangeraai
  • onder leiding van Ciro Guerra en met Mark Rylance, Robert Pattinson, en Johnny Depp begin met produksie in Marokko. Howe, Irving April 18, 1982 A stark
  • Miramax Pictures. Die sukses van die rolprent, waarin Juliette Binoche en Johnny Depp gespeel het, het aan Harris wêreldwye erkenning verleen en in 2012 het