ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 384

Grumman F7F Tigercat

Die Grumman F7F Tigercat is n Amerikaanse swaar vegvliegtuig wat met twee suierenjins aangedryf word. Die ontwerp van die vliegtuig het reeds in 1941 begin. Die doelwit was dat dit vanaf n vliegdekskip bedryf kan word. Soos die vliegtuig ontwikke ...

Grumman F8F Bearcat

Die Grumman F8F Bearcat is n Amerikaanse vegvliegtuig wat tydens die Tweede Wêreldoorlog ontwerp, ontwikkel en vervaardig is, maar te laat in diens gestel is om in die aksie betrokke te raak. Dit was die laaste in die reeks Grumman vliegdekgebase ...

Grumman F9F Panther

Die Grumman F9F Panther is n Amerikaanse vegvliegtuig en is gebruik deur die Amerikaanse Vloot op hul vliegdekskepe. Dit was die vegvliegtuig wat die meeste deur die vloot gebruik is tydens die Korea-oorlog. Dit was die meeste gebruik vir grondaa ...

Grysappel

Die grysappel is n boom wat hoofsaaklik in Limpopo, Mpumalanga en die suide van die Krugerwildtuin voorkom. Hierdie boom is groot, immergroen en spreidend. Die sampioenvormige blaarkroon verskaf skadu. Hulle groei meestal in sanderige grond in oo ...

Grysklimmuis

Die Grysklimmuis kom in feitlik die hele Suid-Afrika voor, uitsluitende die sentrale Karooarea. Die knaagdier kom ook in Botswana, Zimbabwe en Mosambiek voor.

Grysknorder

Die Grysknorder is n vis wat aan die ooskus van Suid-Afrika voorkom, noordwaarts vanaf Durban. In Engels staan dit bekend as die Grey grunter.

Gryskol-sandkruiper

Die Gryskol-sandkruiper is n vis wat endemies is aan KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Greyspot guitarfish.

Gryskopgans

Die gryskopgans is n grootgans wat in die bergagtige gebiede van Suid-Amerika voorkom, hoofsaaklik Argentinie, Chili en die Andesbergstreek. Die mannetjies en wyfies het n eenderse veredos en hierdie spesie kan maklik uitgeken word aan sy grys ko ...

Gryskopspeg

Die Gryskopspeg is n algemene standvoel in digte boomveld en woud; dikwels in klein woudkolle en naby woudrande. Die voel is 17 – 19 cm groot en weeg 40 - 50 gram. In Engels staan die voel bekend as die Olive Woodpecker.

Grysrifhaai

Die Grysrifhaai is n haai wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika noordwaarts vanaf St. Lucia voorkom. Die haai staan ook bekend as die Kortneus-swartsterthaai en in Engels as die Shortnose blacktail shark.

Grysrugkwêkwêvoël

Die Grysrugkwêkwêvoel is n klein voeltjie in die Cisticolidae familie. Die voel kom in Afrika suid van die Sahara voor. Onlangse studies dui daarop hierdie spesie en die Groenrugkwêkwêvoel moontlik dieselfde spesie is. Hierdie skugter voeltjie wo ...

Grysrugstormswael

Die Grysrugstormswael is n stormswael en n seldsame besoeker aan die kus van Suid-Afrika. Die voel is 15 – 18 cm groot en weeg 26 - 34 g met n vlerkspan van 36 - 40 sentimeter. Daar broei 50.000 pare in die subantarktiese eilande. In Engels staan ...

Grysvetsak

Die Grysvetsak is n vis wat in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee, Oman en van Maputo tot by Valsbaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Grey chub.

Bernhard Grzimek

sedert 1960 - Das Tier Herausgeber zusammen mit Konrad Lorenz und Dr. Heini Hediger

Guadalquivir

Die Guadalquivir is n groot suidwes-vloeiende rivier in Spanje. Die rivier, met n lengte van 657 km, is die vyfde langste rivier op die Iberiese Skiereiland na die Taag, Ebro, Douro en Guadiana, asook die langste rivier van die Spaanse outonome g ...

Guadalupium

Die Guadalupium is in die geologiese tydskaal ’n epog of serie in die periode/sisteem Perm. Dit het van sowat 272.3 tot 259.9 miljoen jaar gelede geduur. Dit is voorafgegaan deur die Sisuralium en gevolg deur die Lopingium. Die Guadalupium word o ...

Guantanamobaai

Guantanamobaai is n baai gelee in die Guantanamoprovinsie aan die suidoostelike kant van Kuba. Dit huisves die grootste hawe aan die suidekant van die eiland, en word omring deur steil heuwels wat n enklawe vorm wat van sy onmiddellike hinterland ...

Guatemala

Guatemala, amptelik die Republiek Guatemala, is n land in Sentraal-Amerika. Aangrensend is Meksiko aan die noordweste, die Stille Oseaan aan die suidweste, Belize en die Karibiese See aan die noordooste, en Honduras en El Salvador aan die suidoos ...

Heinz Guderian

Heinz Wilhelm Guderian was n Duitse generaal tydens die Tweede Wêreldoorlog. As militêre strateeg van formaat was hy die uitvinder en pleitbesorger van die blitzkrieg-leer. Hy het veral sukses behaal as bevelvoerder van tenkeenhede tydens die vel ...

Guernésiais

Guernésiais, ook bekend as Dgèrnésiais, Guernsey Frans of Français Normand de Guernsey, is die variant van die Normandiese taal of parler wat in Guernsey gepraat word. As een van die Oïltale het dit wortels in Latyn, maar dit is ook op verskillen ...

Guinee-Bissau

Guinee-Bissau, amptelik die Republiek Guinee-Bissau, is n land in Wes-Afrika een van die kleinste nasies op die vasteland van Afrika. Dit word deur Senegal begrens in die noorde, en Guinee in die suide en ooste, met die Atlantiese Oseaan in die w ...

Gukurahundi

Die Gukurahundi is die beweerde gepoogde volksmoord op die Noordelike-Ndebeles in Matabeleland-Noord en Matabeleland-Suid wat geduur het van 1983 tot 1987.

Gunzo

Sy presiese lewens- en heerskappydatums is nie oorgelewer nie. Gunzo was die vader van Fridiburga, wat aan die Frankiese koning, Sigibert III, verloof is. Die Hertog Gunzo, het die geestelikes en die biskoppe van die omgewing in 635 na n Sinode t ...

Johannes Gutenberg

Johannes Gensfleisch zur Laden zum Gutenberg was n Duitse smid, goudsmid, drukker, en uitgewer wat drukwerk aan Europa bekendgestel het. Sy uitvinding van meganiese skuifbare tipe drukpers het die begin van die Druk Rewolusie veroorsaak en word w ...

Guy Butler

Guy Butler was ’n Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus. Sy dramas sluit in The Dam, Take Root or Die en Cape Charade. Onder sy digbundels tel Stranger to Europe, South of the Zambezi en Songs and Ballads. Hy is ook bekend vir sy driede ...

Gwelo Goodman

Gwelo Goodman is een van die min Suid-Afrikaanse Na- Impressionistiese kunstenaars en verteenwoordigend van die groep kunstenaars wat in die vroee 20e eeu in Suid-Afrika werksaam was. Benewens die skilderkuns het Goodman n groot voorliefde vir ar ...

Gymnuridae

Die Vlinderrôe is n kraakbeenvis-familie wat tot die orde Myliobatiformes behoort. Daar is twee genera met minstens 12 spesies in hierdie familie. Slegs een spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Gzhelium

Die Gzhelium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede in onderskeidelik die sisteem en periode Karboon. Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Die Gzhelium was van sowat 303.7 t ...

Géza Anda

Géza Anda was n Switsers-Hongaarse pianis. Hy was n gevierde interpreteerder van die klassieke en romantiese repertorium en was veral bekend om sy uitvoerings en opnames van die musiek van Mozart. Hy was ook n uitnemende interpreteerder van die m ...

Haaisuier

Die Haaisuier is n vis wat aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en Mosambiek voorkom. Die vis is lenig met swart en wit strepe wat van die bek tot by die stert loop. Dit het n ronde suier aan die bokant van sy kop waarmee die vis aan haaie of ...

Haak-en-steek

Die Haak-en-steek is n droogtebestande doringboomspesie wat wydverspreid in woestyn-, halfwoestyn- en savannestreke aangetref word. Volwasse bome ontwikkel n plat of effens geronde kroon, en die twee doringtipes waarna dit vernoem is, is maklik s ...

Haarlem, Wes-Kaap

Die artikel is oor die plek in die Wes-Kaap, vir ander gebruike, sien Haarlem. Haarlem in die Langkloof lê oos van Uniondale en 16 km oos van Avontuur op die R62 provinsiale pad in die rigting van Joubertina en Port Elizabeth. Dit is langs die Jo ...

Haas

Hase is klein soogdiere wat aan die orde van haasagtiges en familie van hase en konyne behoort. Daar is sowat vyftig verskillende spesies van hase en konyne. Hase word oor groot dele van die wêreld aangetref. Hulle leef in families en vreet hoofs ...

Haas (sterrebeeld)

Die Haas is ’n sterrebeeld wat suid van die hemelewenaar lê, net suid van die Jagter. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word soms ui ...

Hella Haasse

Hélène Serafia Haasse was n Nederlandse skryfster, met bekende titels soos Oeroeg, Het woud der verwachting en Heren van de Thee wat uit haar pen verskyn het. In 1983 is die P.C. Hooft-prys aan haar toegeken, en in 2004 die Prijs der Nederlandse ...

Habitat

n Habitat beskryf die plek waar diere en plante lewe. Verskillende tipes diere en plante kan dieselfde habitat deel. In so n geval word dit n biotoop genoem. n Habitat kan ook n ekostelsel of n bioom genoem word. Ekostelsels ontstaan wanneer vers ...

Pieter Hackius

Pieter Hackius was die vyfde kommandeur en eerste goewerneur aan die Kaap die Goeie Hoop. Hackius het Jacob Borghorst op 25 Maart 1670 opgevolg as kommandeur en is op 2 Junie 1670 as goewerneur aangestel. Hy was selfs nog sieker as sy voorganger, ...

Haddonse tapytanemoon

Haddonse tapytanemoon is n anemoon wat voorkom in die Stille- en Indiese oseane; meer spesifiek in die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die anemoon bekend as die Haddons carpet a ...

Hadeïkum

Die Hadeïkum of Hadeïese Eon is die eerste geologiese eon in die Aarde se bestaan. Dit het sowat 4.54 miljard jaar gelede begin met die vorming van die Aarde en sowat 4 miljard jaar gelede geeindig met die begin van die Argeïkum. Die naam kom van ...

Hadj

Die hadj is ’n jaarlikse Islamitiese pelgrimstog, of bedevaart, na Mekka wat elke Moslem wat fisiek en finansieel daartoe in staat is, minstens een keer in sy of haar leeftyd moet onderneem. Dit is een van die Vyf Pilare van die Islam. Die hadj i ...

Hadrianus

Hadrianus, 10 Julie 138) was vanaf 117 tot 138 die keiser van die Romeinse Ryk. Hy word onder meer met grootskaalse bouprojekte verbind - sy villakompleks buite Rome, die Panteon in Rome en landgoed, sy mausoleum in Rome en die Hadriaanse Muur wa ...

Hadsund

Hadsund is die grootste dorp van Oos-Himmerland in Noord-Jutland, Denemarke, en het 5 051 inwoners. Die dorp het langs die ou veldpad tussen Aalborg en Hobro ontwikkel en is n verkeersknooppunt tussen Kronjylland en Himmerland. Die afstand tussen ...

Haemulidae

Die Knorders, Rubberlippe en Soetlippe is n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Die Suid-Afrikaanse knorders behoort aan hierdie familie, wat in totaal 18 genera en minstens 120 spesies insluit. Negentien van die spesies kom aan die ...

Carl Otto Hager

Carl Otto Hager was n Duitse argitek, portretskilder en baanbrekerfotograaf wat veral bekend geraak het in Suid-Afrika vir die ontwerp van talle kerkgeboue van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Hy was een van die grootste eksponente van die Neo ...

Hagiografie

n Hagiografie agios "heilig" en γράφειν, graphein "skryf") is n biografie van n heilige of kerkleier. Die term "hagiografie" kan ook gebruik word om na die biografie van n hoogs ontwikkelde geestelike wese in enige van die wêreld se geestelike tr ...

Halberstadt CL.II

Die Halberstadt CL.II is n dubbeldekker, Duitse tweesitplek veg/verkenningsvliegtuig wat in die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. Die vliegtuig is vroeg in 1917 bekendgestel en die CL modelle was kleiner en ligter as die C model. Dit was in w ...

Halfgeleier

n Halfgeleier is n vastestof met geleidingseienskappe tussen n geleier en dié van n isolator; dit kan wissel oor n wye bestek hetsy permanent of dinamies. Halfgeleiers is belangrike materiale in vandag se tegnologie. Halfgeleiertoestelle, elektro ...

Halfmaan-klipkabeljou

Die Halfmaan-klipkabeljou is n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, Oman, Madagaskar en aan die ooskus van Afrika van Kenia tot Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Halfmoon rockcod.

Halfmaan-nooientjie

Die Halfmaan-nooientjie is n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Crescent damsel.

Halfmaan-piesangvis

Die Halfmaan-piesangvis is n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Caesio lunaris.