ⓘ Free online encyclopedia. Did you know? page 352

Bleekkatstert

Die Bleekkatstert is n struik wat hoort tot die aalwynfamilie Asphodelaceae en blom vanaf Augustus tot September. Die struik is inheems aan die Noord-Kaap en kom voor naby Nieuwoudtville op die Bokkeveld-eskarp. Die blomme is roomkleurig tot wit ...

Bleikmiddel

Bleikmiddels is chemikaliee wat gebruik word om n groot verskeidenheid van stowwe, insluitende tekstielstowwe, papier en voedsel, te bleik. Die meeste van die bleikprosesse is chemies van aard, met ander woorde die kleurstof word vernietig of in ...

Blenniidae

Die Blennies is n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is ongeveer drie en vyftig genera met meer as 350 spesies wat hoort tot dié familie en vyf en veertig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Bles Bridges

Bles Bridges was n legendariese Afrikaanse sanger wat hoofsaaklik minneliedjies gesing het. Hy is bekend vir liedjies soos Ruiter van die Windjie, Op die vlerk van n spierwit duif, Maggie en Sweef soos n arend. Hy was die eerste Afrikaanse sanger ...

Blesbok

Die blesbok is n groot wildsbok wat in die Hoeveld van Suid-Afrika aangetref word. n Volwasse blesbok het n gemiddelde massa van 80 kg en n hoogte van 95 cm. Die ram het horings wat 51 cm lank kan word. Die dier se naam verwys na die wit "bles" o ...

Blesgans

Die blesgans is n bruin gans wat in die Noordelike halfrond voorkom. Beide mannetjies sowel as wyfies is bruin, met n kenmerkende wit kol of bles om n pienk snawel. Hulle lyk op die kleinblesgans, maar het nie daardie voels se kenmerkende geel me ...

Blik

Blik is n dun staalplaat wat aan weerskante met n lagie tin bedek is. Dit is n sterk materiaal wat maklik buig en redelik teen roes bestand is. Daarby kan daar maklik op gedruk, geskryf of geskilder word, eienskappe wat dit baie geskik maak vir d ...

Blinkblaar-wag-’n-bietjie

Die Blinkblaar-wag-’n-bietjie is ’n boom wat feitlik oor die hele Suider-Afrika voorkom, behalwe Suidwes-Kaap, aan die kus van Namibie, aan die kus van Mosambiek en Suidwes-Botswana. Die boom is slaphangend en op die jong hout is daar gewoonlik a ...

Blitz

Die Blitz verwys na die tydperk in 1940 en 1941 gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe Duitse vegvliegtuie talle bomme op Britse stede, veral op Londen, laat val het. Die Britse pers het die term blitz vir Duitsland se taktiek om omliggende state ...

Blitz BASIC

Blitz BASIC n programmeertaal gebaseer op die rekenaartaal BASIC. Dit was in ongeveer 1991 eers op die Commodore-Amiga beskikbaar. Tans is Blitz BASIC vir diverse ander bedryfstelsels beskikbaar, o.m. vir Linux, Apple Mac en Windows. Blitz BASIC ...

Blitzkrieg

Blitzkrieg is n oorlogsmetode waarvolgens n aanvallende mag wat deur n digte konsentrasie van gepantserde en gemotoriseerde of gemeganiseerde infanterieformasies met noue lugondersteuning gelei word, deur die teenstander se verdedigingslinie bree ...

Bloed-snapper

Die Bloed-snapper is n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf die Persiese Golf tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as Blood snapper.

Bloedbad van Nanjing

Die Bloedbad van Nanjing of Nanjing-bloedbad is n grootskaalse massamoord wat die Japannese Imperiale Leer tydens die Tweede Sino-Japannese Oorlog gepleeg het. Die massamoord het begin nadat die Japannese die destydse Chinese hoofstad Nanjing oor ...

Bloeddruk

Bloeddruk is die druk wat in die liggaam se bloedvate en in die hart voorkom. Waar die bloed die hart verlaat en in die bloedsirkulasie ingepomp word, is die bloeddruk op sy hoogste. Waar die bloed uiteindelik weer in die hart terugstroom, is die ...

Bloedgroep

n Bloedgroep is n klassifikasie van bloed bepaal deur die aanwesigheid of afwesigheid van bepaalde molekules op die buitekant van die membraan van die rooibloedselle. Karl Landsteiner het in 1900 die uiteenlopende gevolge van bloedoortappings ond ...

Bloedplaatjie

Bloedplaatjies is mikroskopiese skyfies wat n belangrike rol in bloedstolling vervul. Die sowat 250 000 bloedplaatjies wat in n kubieke millimeter bloed voorkom, lewe slegs sowat vier dae lank. Wanneer n wond deur die beskadiging van n bloedvat o ...

Bloedsomloopstelsel

Die Bloedsomloopstelsel, ook bekend as die kardiovaskulêre stelsel / vaskulêre stelsel, is n orgaanstelsel wat bloed toelaat om te sirkuleer en vervoer nutriente, suurstof, koolstofdioksied, hormone en bloedselle na ander bloedselle in die liggaa ...

Bloedvergiftiging

Bloedvergiftiging is n lewensgevaarlike siektetoestand, veral wanneer dit veroorsaak word deur bakteriee wat nomaalweg die vorming van etter stimuleer. Die liggaam se reaksie op infeksie veroorsaak beskadiging van sy eie weefsel en organe. Daar i ...

J.C. Bloem

In 1959 het Bloem op versoek van Clara Eggink na Kalenberg verhuis. Die buurplaas is opgeknap en Bloem het sy laaste jare daar geslyt. n Bloemlesing het in die tyd verskyn, en vir die eerste keer het hy geluk en vrede gevind. Dit was egter van ko ...

Bloemfontein

Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat en die land se sesde grootste stad. Dit is ook sedert 1910 Suid-Afrika se regterlike hoofstad. Bloemfontein staan informeel as die Rosestad bekend en word in Suid-Sotho Manga ...

Bloemfontein-konvensie

Die Bloemfontein-konvensie ’n konvensie ingevolge waarvan Brittanje die destydse Oranje-Vrystaat as n onafhanklike Boererepubliek erken het. Voor die ondertekening daarvan was die gebied van 1848 tot 1854 as deel van die Oranjerivier-soewereinite ...

Bloemhof

Hierdie artikel behandel die landelike dorp. Vir die skool, sien Hoer Meisieskool Bloemhof. Bloemhof is n landelike dorp met gesamentlik 27 904 inwoners op die oewer van die Vaalrivier in die Noordwes-provinsie in Suid-Afrika.

Bloemhofdam

Die Bloemhofdam, vroeer bekend as die Oppermansdrifdam, is n dam in die Vaalrivier naby Bloemhof op die grens van Noordwes en die Vrystaat. Dit is die 6de grootste dam in Suid-Afrika met n oppervlak van meer as 230 vk kilometer wanneer vol. Die d ...

Bloemspruit

Die Bloemspruit vloei deur Bloemfontein, hoofstad van die Vrystaat. Die stad het waarskynlik sy naam aan die riviertjie ontleen. Die rivier ontspring tussen die woonbuurte Brandwag en Westdene. Daarna vloei die water ooswaarts deur die middestad ...

Blokkies-dikkop

Die Blokkies-dikkop is n klein varswatervis wat in riviere aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf die Limpoporivier suidwaarts tot by suidelike KwaZulu-Natal. Daar is ook geïsoleerde rekords van die vis in Knysna en Kariega-strandmeer in die Oo ...

Blombos

Die blombos is n struik wat tot 2.5 meter hoog word en derhalwe as n boom gekategoriseer word. Die struik kom voor in Wes-Kaap, Oos-Kaap, Noord-Kaap, Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Lesotho. Die struik groei in sanderige of klippe ...

Marié Blomerus

Helene Marié Blomerus is op 24 Desember 1931 op Keetmanshoop in Suidwes-Afrika tans Namibie gebore en sy word ook daar groot. Haar grootouers aan moederskant verhuis na die Eerste Wêreldoorlog van Vanrhynsdorp na ’n plaas in Otjiwarongo in Suidwe ...

Blomriet

Die naam kanna kan vir enige plant wat tot die genus Canna behoort, gebruik word. Die genus, wat ongeveer 50 spesies insluit, is inheems in die tropiese dele van Amerika. As sierplante het dit so gewild geword dat dit feitlik oor die hele wêreld ...

Blomseekastaiing

Die Blomseekastaiing is n seekastaiing wat in die westelike Stille Oseaan asook die Indiese Oseaan voorkom, meer spesifiek, die kus van Oos-Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal. Die kastaiing word tot 140 mm groot.

Kevin Bloom

Kevin Bloom is ’n Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer. Hy is bekend vir sy boek Ways of Staying oor die lewe in Suid-Afrika ná 1994, wat in 2010 met die Suid-Afrikaanse Literêre Toekenning vir literêre joernalistiek bekroon is. Hy is ook die med ...

Blou-en-goue piesangvis

Die Blou-en-goue piesangvis is n vis wat voorkom in die Indiese en Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Blue and gold fusilier.

Blou-Nyl

Die Blou-Nyl is die tweede grootste sytak van die Nylrivier in Afrika. Dit is saam met die Wit-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl. Ofskoon sy gemiddelde afloop groter as dié van die Wit-Nyl is, word die Blou-Nyl as grootste sytak beskou en ...

Blouband snapper

Die Blouband snapper is n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Bluebanded snapper.

Blouband-doktervis

Die Blouband-doktervis is n vis wat wydverspreid voorkom in die Stille Oseaan en Indiese Oseaan; ook aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bluebanded surgeonfish.

Bloubekeend

Die bloubekeend is n klein, kort eendjie van 48–51 cm. Die manlike eend is kastaiing-bruin met n swart kop en n helderblou snawel. Die smal, punterige stert staan dikwels kersregop. Die vroulike eend het nie n blou snawel nie, en is donkerbruin v ...

Bloublasie

Die Bloublasie, ook bekend as die Portuguese man o war", is n ongewerwelde dier met giftige tentakels wat in die see voorkom aan die hele kuslyn van Suid-Afrika sowel as in ander tropiese en sub-tropiese water. P. utriculus word onderskei van die ...

Bloublasievis

Die lyf is lank en plat en die dorsale vin is in twee verdeel. Die pektorale vinne is groot. Die volwasse vis is bruin terwyl die onvolwasse visse se kop en lyf silwer-wit of blou is met blou vlekke en kolle op. Die vis word tot 42 cm groot.

Bloubos

Die Bloubos is soms n klein boom maar kom eerder as n geronde, hoe struik voor. Dit kom in bosveld dwarsdeur n groot gedeelte van Suider-Afrika voor, maar is afwesig in die sentrale gedeelte van die Kalahari en Mosambiek asook van woestyn en fynb ...

Bloudoktervis

Die Bloudoktervis is n vis wat voorkom aan die noordelike ooskus van Suid-Afrika vanaf die Maputo. Die vis is koningblou van kleur met n geel rugvin. Die gesig is swart en wit. Dit kan tot 25 cm lank word. Die vis leef in vlak koraalriwwe. In Eng ...

Blouduiker

Sien "Bloubok" vir die artikel oor die uitgestorwe boksoort. Die blouduiker of bloubokkie is een van die kleinste van die antiloopsoorte. Hulle word in beboste gebiede van Sentraal- tot Suider-Afrika aangetref. n Volwasse blouduiker het n gemidde ...

Blougaai

Die Blougaai is n sangvoel inheems aan Noord-Amerika. Hulle het opvallende laventelblou vere op die kop en rug. Vere op die onderlyf is gebroke wit. Hulle het n swart kraag om die nek en word ongeveer 30 cm lank.

Blougespikkelde tamarin

Die Blougespikkelde tamarin is n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee, Oman en die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Bluespotted tamarin.

Blougroen-kuilvissie

Die Blougroen-kuilvissie is n varswater vis wat voorkom in panne in die Gonarezhou Nasionale Park in suid-oos Zimbabwe. In Engels staan die vis bekend as die Turquoise killifish.

Blougroenchromis

Die blougroenchromis is n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Blue-green chromis.

Blouhaai

Die Blouhaai is n haai wat in alle oseane van die wêreld voorkom en ook reg rondom die Suid-Afrikaanse kus. In Engels staan die haai as die Blue shark bekend.

Blouhottentot

Die Blouhottentot is n vis wat endemies is aan Suid-Afrika en wat van Valsbaai tot by Sodwanabaai voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Blue Hottentot.

Bloukeiser

Die Bloukeiser is n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika, vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Blue emperor.

Bloukleintand-jobvis

Die Bloukleintand-jobvis is n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan; meer spesifiek die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blue smalltooth ...

Bloukol-pylstert

Die Bloukol-pylstert is pylstert wat voorkom in die westelike Stille Oseaan en die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Blue-spotted stingray. Hierdie vis moet nie verw ...

Bloukoningvis

Die Bloukoningvis is n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die Ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Blue kingfish.